Canolafokus 62 Desember 2014
Artikels indeks
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014
- Nasionale cultivarproewe
- Klimaat oorsig
- Tabel 1: Reënval in die Swartland en Rûens, 2013
- Figuur 1: Gemiddelde temperatuur by Langgewens
- Figuur 2: Gemiddelde temperatuur by Tygerhoek
- Figuur 3: Reënval by Langgewens
- Figuur 4: Reënval by Tygerhoek
- Tabel 2: Swartland saadopbrengste vir 2014
- Tabel 3: Rûens saadopbrengste vir 2014
Aspekte wat die keuse van canola cultivars vir 2015 in die Wes-Kaap beïnvloed
- Inleiding
- Tabel 1: Kultivar eienskappe van die cultivars in 2013 en 2014 getoets
- Diagram 1: Moontlike beskikbare cultivars in 2015 beskikbaar is geplaas volgens hul tipe en dae tot 50% blom in 2014
- Diagram 2: Moontlike beskikbare cultivars in 2015 beskikbaar is geplaas volgens hul tipe en dae tot fisiologies ryp 2014
- Tabel 2: Swartland saadopbrengste 2011 tot 2014
- Tabel 3: Rûens saadopbrengste 2011 tot 2014
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap
Inleiding
In die afgelope 2014 seisoene is ses konvensioneel, agt CL (Imasamoks tolerante) en vier TT (Triasien tolerante) cultivars in die cultivarevaluasieprogram getoets. Die konvensionele en TT-cultivars bestaan uit vier oopbestuifde en ses bastercultivars. Daar is reeds die twee seisoene geen oopbestuifde CL cultivars getoets nie.
Nasionale cultivarproewe
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het gedurende die 2014 seisoen 'n reeks cultivarproewe in die Wes en Suid-Kaap uitgevoer. In die Suid-Kaap is ag proewe aangeplant waarvan sewe proewe se data ingesamel is (twee proewe was nie statisties betekenisvol nie). In die Swartland is ag proewe aangeplant op sewe lokaliteite waarvan slegs een proef nie geoes is nie (onkruiddoder skade).
Klimaat oorsig
Die afgelope seisoen is gekenmerk deur baie wisselwallige vogtoestande in die Swartland en Rûens (Tabel 1). Die minimum temperatuur by Langgewens en Tygerhoek vir die afgelope seisoen word opgesom in Figuur 1 en Figuur 2. Gedurende Augustus was die minimum temperatuur op Langgewens 1.5ºC en Tygerhoek 1.95ºC hoër as die langtermyn gemiddeld. Gedurende September het min verskil in temperature vergeleke met langtermyn gemiddeldes voorgekom.
Op Langgewens was die reënval gedurende die groeiseisoen onder- gemiddeld met Junie en Augustus wat bogemiddeld was (Figuur 3). Gedurende September en Oktober het vogstremming voorgekom.
Ondergemiddelde reënval gedurende die lente in Swartland en Rûens tesame met bogemiddelde minimum temperature in Augustus het die groeiseisoen verkort.
Op Tygerhoek was die totale reënval gedurende die groeiseisoen bogemiddeld (Figuur 4). Gedurende Januarie en April het bogemiddelde reënval voorgekom wat gunstige saadbed toestande geskep het en dus die ontkieming van saad bevooordeel het. Gedurende Junie het dubbel die langtermyn gemiddelde reënval voorgekom maar is opgevolg deur 'n lae reënval gedurende Augustus en September.
Pools | Porterville | Langgewens | Langgewens Langtermyn |
Boontjiekraal | Riversdal | Napky | Tygerhoek | Tygerhoek Langtermyn |
|
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Januarie | 51.3 | 81.0 | 47.4 | 9.7 | 76.7 | 172.2 | 83.0 | 294.6 | 25.6 |
Februarie | 1.3 | 21.3 | 2.0 | 10.3 | 4.6 | 22.2 | 9.2 | 31.5 | 29.0 |
Maart | 21.3 | 51.1 | 21.6 | 15.0 | 17.0 | 69.6 | 44.4 | 38.8 | 32.7 |
April | 16.5 | 35.3 | 16.8 | 31.8 | 33.5 | 68.2 | 57.8 | 64.5 | 50.4 |
Mei | 45.5 | 90.9 | 39.2 | 54.2 | 22.6 | 23.0 | 15.4 | 32.2 | 41.9 |
Junie | 69.3 | 117.6 | 81.6 | 65.6 | 101.6 | 43.0 | 44.8 | 110.2 | 42.9 |
Julie | 59.9 | 95.3 | 60.2 | 62.9 | 41.2 | 21.0 | 16.6 | 20.8 | 45.2 |
Augustus | 49.8 | 90.4 | 66.6 | 60.3 | 47.8 | 20.8 | 19.4 | 10.6 | 52.4 |
September | 10.7 | 24.4 | 13.2 | 36.9 | 33.8 | 62.4 | 29.6 | 65.0 | 33.9 |
Oktober | 3.6 | 141.0 | 8.6 | 23.1 | 8.6 | 25.0 | 9.0 | 25.6 | 38.6 |
April-September | 251.7 | 453.9 | 277.6 | 311.7 | 280.4 | 238.4 | 183.6 | 303.3 | 266.7 |
Resultate
Die opbrengsresultate word opgesom in Tabel 2 en 3 vir die onderskeie gebiede. Die "CLearfield (CL)" en "Triasien tolerante (TT)" cultivars se data is geskei van die konvensionele cultivars, terwyl die bastercultivars met 'n * aangedui word.
Die Swartlandproewe is gedurende die afgelope seisoen deur minder probleme as in 2013 gekenmerk. Hoewel witblaarvlek weer by Grasrug en enkele ander lokaliteite voorgekom het. Die siekte is chemies beheer en die resultaat was baie goed na 'n aanvanklike blaarverlies. In die Swartland was die gemiddelde opbrengste van 2 468kg ha-1 hoër as in 2013 (2 003kg ha-1), 2012 (2 300kg ha-1), 2011 (1 923kg ha-1) en 2010 (1 840kg ha-1). Dit kan toegeskryf word aan baie goeie cultivars en minder TT cultivars in die proef.
Die proefgemiddeldes vir die Swartland het gewissel tussen 2 135.5kg ha-1 vir Eendekuil en 2 867kg ha-1 vir Langgewens se eerste aanplanting. Belinda was die konvensionele cultivar met die hoogste opbrengs in 2014 (2 826kg ha-1). Dit is gevolg deur Hyola 50 (2 787kg ha-1) wat in 2012 en 2013 die konvensionele cultivar met die hoogste gemiddelde opbrengs gevolg deur Agamax (2 630kg ha-1).
Die CL-cultivar 44Y88 (2 785kg ha-1) het die hoogste opbrengs in die Swartland gelewer (2 492kg ha-1). Dit is binne die CL-groep gevolg deur 44Y87 (2 774kg ha-1), 44Y89 (2 699kg ha-1) en Hyola 577CL (2 684kg ha-1).
In die TT-groep is Hyola 555 nie in 2014 getoets nie. Die baster cultivar, CB Atomic HT (2 322kg ha-1) het die hoogste opbrengs gelewer gevolg deur Hyola 559 en ATR Gem.
Die opbrengs van die TT-cultivars (2 092kg ha-1) was egter gemiddeld 17.3% (16.8% in 2013, 25.6% in 2012, 24.6% in 2011 en 25.26% in 2010) laer in vergelyking met die konvensionele cultivars (2 530kg ha-1). Die TT-cultivars se opbrengs was 19.8% laer as die van die CL-groep (25.5% in 2013). Oor die afgelope vier seisoene was die opbrengs van die TT-cultivars in die Swartland nagenoeg 20% tot 25% laer as die beste groep (konvensionele of CL-groep).
Die proefresultate in die Rûens is deur eksterne faktore beïnvloed. Die grond by Swellendam was baie vlak en gevolglik is die opbrengs negatief beïnvloed. Die proef by Riversdal het SU-skade opgedoen en slegs die CL-cultivars is geoes aangesien dit geen skade getoon het nie. Droogte, onkruiddoder-oorwaai en insekte skade het die proef by Witsand nadelig geraak. Die proef by Napier is oor twee verskillende dae geoes weens probleme met die stroper. Data van bogenoemde proewe is gevolglik nie ingesluit nie.
In die Rûens (Tabel 3) het die proefgemiddeldes gewissel tussen 1 302.2kg ha-1 op Swellendam en 2 855kg ha-1 op Tygerhoek 2de saaityd. Die opbrengs van die 2de saaityd was hoër as saaityd 1 (saaityd 1 het witblaarvlek gehad en is met 'n ander stroper as 2de saaityd geoes). Gedurende September het daar 64.9mm reën geval na ondergemiddelde reënval in Julie en September. Dit het waarskynlik bygedra tot die beter opbrengs by saaityd 2. Die konvensionele cultivar Belinda (2 676kg ha-1) het die hoogste gemiddelde opbrengste in die konvensionele groep gelewer gevolg deur die cultivar Hyola 50 (2 583kg ha-1).
Die CL-cultivar 45Y88 (2 591kg ha-1), Hyola 571 (2 487kg ha-1) 44Y89 (2 484kg ha-1) het die hoogste opbrengste in die CL-groep gelewer. In die TT-groep het Hyola 559TT (2 263kg ha-1) die hoogste opbrengs gelewer gevolg deur CB Atomic HT (2 200kg ha-1).
Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was 8.1% (11.2% in 2013, 22.1% in 2010, 11% in 2011 en 17.5% in 2012) laer as die gemiddelde van die konvensionele cultivars. Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was 11.3% laer as die Cl-cultivars.
Langgewens 1 | Langgewens 2 | Darling | Eendekuil | Grasrug | Pools | Porterville | Gem. | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Agamax* | 2739.7 | bcde | 2784.3 | abc | 2822.7 | abc | 2545 | ab | 2547.7 | ab | 2652.3 | abcd | 2320 | def | 2630 | |
AV Zircon | 2838.3 | bcde | 2553.3 | cdef | 2654.2 | bcd | 2394.7 | bcd | 2619.3 | ab | 2605 | abcd | 2486.3 | bcde | 2593 | |
Belinda* | 3422 | a | 2537.7 | cdefgh | 2747 | bcd | 2441.6 | bc | 2823 | a | 2533.3 | bcdef | 3280 | a | 2826 | |
CB Tango* | 2583 | def | 2439.3 | cdefgh | 2377 | cdef | 1699 | fg | 2416 | bcd | 2277.3 | def | 2388.4 | cdef | 2311 | |
Hyola 50* | 3103 | abc | 2811.7 | abc | 2700.3 | bcd | 2299 | bcde | 2697 | ab | 3093 | a | 2802.7 | abcd | 2787 | |
RG409/02* | 3095 | abc | 2022 | i | 1915.7 | efg | 1731.3 | fg | 1773 | fg | 1605 | h | 2079 | efg | 2032 | |
Konv. Gem. | 2963.5 | 2524.7 | 2536.2 | 2185.1 | 2479.3 | 2461.0 | 2559.4 | 2529.9 | ||||||||
43Y85* | 2782 | bcde | 2543 | cdefg | 2724.3 | a | 2045.3 | def | 2107.3 | def | 2361.3 | cdef | 1907 | fg | 2353 | |
44Y87* | 3186 | ab | 3092.3 | a | 3352 | bcd | 2418.7 | bc | 2509.1 | abc | 2799 | abc | 2688 | bcd | 2864 | |
44Y89* | 2951.7 | bcde | 3007.7 | ab | 3192.3 | ab | 2150.7 | cde | 2411.7 | bcd | 2629 | abcd | 2552.3 | bcde | 2699 | |
45Y86* | 2920.7 | bcde | 2188.3 | fghi | 2807 | abcd | 2220.7 | bcde | 2167.7 | cde | 2579.3 | bcdef | 2487 | bcde | 2482 | |
45Y88* | 2931.7 | bcde | 2634.3 | bcde | 3148 | ab | 2851.7 | a | 2708 | ab | 2799.7 | abc | 2419 | cde | 2785 | |
Hyola 571 CL* | 2793 | bcde | 2642.3 | bcde | 2012.7 | efg | 1942.7 | ef | 2587.7 | ab | 2629.3 | abcd | 2908.3 | ab | 2502 | |
Hyola 575 CL* | 3013.7 | abcd | 2694.3 | bcd | 2233.7 | cdef | 2384.7 | bcd | 2456.7 | bcd | 2329 | cdef | 2452.7 | bcde | 2509 | |
Hyola 577 CL* | 2917.7 | bcde | 2438 | cdefgh | 2466.3 | cde | 2377.3 | bcd | 2699.3 | ab | 3010.3 | ab | 2875.7 | abc | 2684 | |
CL Gem. | 2937.1 | 2655.0 | 2742.0 | 2299.0 | 2455.9 | 2642.1 | 2536.1 | 2609.6 | ||||||||
CB Atomic HT* | 2979 | abcd | 2333.3 | defghi | 2653.3 | bcd | 1940.7 | ef | 1830.7 | efg | 2443.7 | cdef | 2071 | efg | 2322 | |
ATR Gem | 2506.3 | ef | 2268.3 | efghi | 1857 | fg | 1510 | g | 2168 | cde | 2124.7 | efg | 2340.7 | def | 2111 | |
Hyola 559 TT* | 2652.7 | cdef | 2153 | ghi | 2210.3 | def | 1944.3 | ef | 1955 | efg | 2102 | fg | 2087 | efg | 2158 | |
Tornado TT | 2188.3 | f | 2145 | hi | 1573.7 | g | 1541.3 | g | 1634.5 | g | 1646.3 | gh | 1718 | g | 1778 | |
TT Gem. | 2581.6 | 2224.9 | 2073.6 | 1734.1 | 1897.1 | 2079.2 | 2054.2 | 2092.1 | ||||||||
Proef Gem. | 2866.9 | 2516.0 | 2524.9 | 2135.5 | 2339.5 | 2456.6 | 2436.8 | 2468.0 | ||||||||
Kv | 9.84 | 9.52 | 14.43 | 10.21 | 9.41 | 11.98 | 12.09 | |||||||||
Kbv | 468.55 | 397.51 | 604.67 | 361.92 | 365.35 | 488.41 | 488.93 |
Kultivars gemerk met *, is bastercultivars.
Kultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Tygerhoek 1 | Tygerhoek 2 | Swellendam | Caledon | Klipdale | Gem. | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Agamax* | 2156 | ef | 3127.7 | bc | 1516.7 | bcd | 2320 | cde | 2295.3 | ab | 2283.1 | |
AV Zircon | 2687 | c | 2773.3 | def | 1397.3 | bcde | 2026.7 | fg | 2452.3 | ab | 2267.3 | |
Belinda* | 3236.3 | a | 3483.7 | a | 1350.3 | cdef | 2681.7 | ab | 2630 | ab | 2676.4 | |
CB Tango | 2151.7 | ef | 2382.7 | gh | 1081.7 | efg | 2276.7 | def | 2051 | b | 1988.8 | |
Hyola 50* | 3201.7 | ab | 3161.3 | abc | 1214.3 | def | 2763.7 | a | 2574.7 | ab | 2583.1 | |
RG409/02* | 2565.3 | cd | 2701.3 | defg | 728 | g | 1827.3 | gh | 2408.7 | ab | 2046.1 | |
Konv. Gem. | 2666 | 2938 | 1215 | 2316 | 2402 | 2307.5 | ||||||
43Y85* | 2034 | fg | 2573.3 | fgh | 1172.3 | def | 2489.7 | abcde | 2189.3 | ab | 2091.7 | |
44Y87* | 2522.7 | cde | 3153 | abc | 978.7 | fg | 2523 | abcd | 2376.7 | ab | 2310.8 | |
44Y89* | 2521.3 | cde | 2961.7 | cde | 1767.7 | ab | 2757.3 | a | 2413 | ab | 2484.2 | |
45Y86* | 2659.3 | c | 3017.7 | cd | 1431.7 | bcde | 2413.7 | bcde | 2077.3 | b | 2319.9 | |
45Y88* | 2817 | bc | 3404 | ab | 1286.7 | def | 2778 | a | 2669.3 | ab | 2591.0 | |
Hyola 571 CL* | 2624.7 | cd | 2689.7 | defg | 1924.7 | a | 2780.3 | a | 2416 | ab | 2487.1 | |
Hyola 575 CL* | 2718 | c | 2958.3 | cde | 1705.7 | abc | 2568 | abc | 2366.3 | ab | 2463.3 | |
Hyola 577 CL* | 2621.7 | cd | 3132.3 | bc | 1109.3 | efg | 2363 | cde | 2716.7 | ab | 2388.6 | |
CL Gem. | 2564.8 | 2986 | 1422 | 2584 | 2403 | 2392.1 | ||||||
CB Atomic HT* | 2247.3 | def | 2596.3 | fgh | 1195 | def | 2347 | cde | 2615.7 | ab | 2200.3 | |
ATR Gem | 2031.3 | fg | 2303.7 | h | 1343 | cdef | 1540.7 | h | 2277.7 | ab | 1899.3 | |
Hyola 559 TT* | 2582.7 | cd | 2675 | efg | 1368.7 | cdef | 2225.3 | ef | 2465.7 | ab | 2263.5 | |
Tornado TT | 1665 | g | 2296.3 | h | 1325 | cdef | 1628.3 | h | 2842 | a | 1951.3 | |
TT Gem. | 2287.1 | 2525.0 | 1302.2 | 2037.7 | 2453.0 | 2121.0 | ||||||
Proef gem. | 2502.4 | 2855.1 | 1327.6 | 2350.6 | 2435.4 | 2294.2 | ||||||
Kv | 9.39 | 7.15 | 17.71 | 7.5 | 17.75 | |||||||
Kbv | 390.21 | 339.11 | 390.14 | 290.9 | 717.34 |
Kultivars gemerk met *, is bastercultivars.
Kultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Aspekte wat die keuse van canola cultivars in die Wes-Kaap beïnvloed
Inleiding
In Tabel 1 word die cultivar-eienskappe van al die plaaslik getoetste cultivars opgesom. Wanneer produsente 'n keuse maak is dit belangrik dat 'n paar eienskappe in gedagte gehou word naamlik:
- Is dit 'n beproefde cultivar (reeds voorheen in die nasionale cultivarproewe getoets)? Opbrengspotensiaal, opbrengs oor jare is opgesom in Tabel 2 en Tabel 3. Dit is die ideaal om na meer as een jaar se data te kyk.
- Oopbestuifde of bastercultivars: Oopbestuifde cultivars se saad is normaalweg goedkoper maar bastersaad is meer groeikragtig en het 'n hoër opbrengs potensiaal (Tabel 2 en Tabel 3).
- Chemiese onkruiddoderprogram word bepaal deur die tipe cultivar (konvensioneel, TT en CL). Produsente moet dus vooraf deeglike beplanning doen en onkruidgeskiedenis in ag neem alvorens op 'n cultivar besluit word.
- Fisiologiese ontwikkeling, veral aantal dae tot blom en tydperk van blom is belangrik. In areas waar die die reën normaalweg vroeg afsny moet kort groeiseisoen cultivars verkieslik geplant word (Tabel 1; Diagram 1 en Diagram 2).
- Siektes:
- Dit word aanbeveel dat produsente in gebiede met hoë swartstam risiko cultivars aanplant met goeie swartstam weerstand (Canolafokus 51). Kultivars met verskillende weerstandsgene kan afwissel word en word aanbeveel (Tabel 1).
- Sclerotinia is 'n siekte wat algemeen in die Rûens voorkom, geen cultivar het weerstand nie en die siekte moet dus bestuur word (Canolafokus 51).
Inligting en eienskappe van die cultivars word opgesom in Tabel 1. Die inligting sluit in dae tot blom en tydperk van blom. Die swartstamindeks word in twee kolomme verdeel, die 2de kolom gee die swartstamindeks nadat saad met die saadbehandelingsmiddel Jockey® behandel is. Die laaste kolom dui die weerstands gene aan van die cultivars met die beste swartstamweerstand. In Diagram 1 en 2 word die cultivars wat moontlik in 2015 beskikbaar mag wees geplaas volgens hul tipe en tyd tot blom (Diagram 1) en tyd tot einde van blom in 2013 (Diagram 2) (mag effens verskil van vorige seisoene).
Kultivar | Tipe | Jare getoets | Dae tot blom: Rûens | Date tot blom: Swartland | Groei-periode | Dae tot fisiologies ryp | Swartstam indeks* | Swartstam indeks + Jockey* | Swartstam weerstandsgroep* | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
CB Agamax | Baster | Konv. | Agricol | 7 | 93 | 88 | med. | 154 | mv | mw | AB |
Hyola 50 | Baster | Konv. | K2 Seed | 5 | 99 | 90 | med. laat | 163 | w | w | AD |
CB Tango | Baster | Konv. | Agricol | 2 | 82 | 78 | vroeg | 148 | mv | mw | B |
AV Zircon | Oop bestuif | Konv. | Agricol | 2 | 99 | 93 | med. laat | 160 | mw | w-mw | A? |
AV Garnet | Oop bestuif | Konv. | Agricol | 6 | 88 (2013) | 75 (2013) | med. | med. | mw | w-mw | A |
Belinda | Baster | Konv. | Bayer | nuut | 98 | 90 | med. | 159 | ? | ? | ? |
Hyola 575 CL | Baster | CL | K2 Seed | 4 | 92 | 87 | vroeg | 155 | w | w | BF |
43Y85 | Baster | CL | Pioneer | 3 | 93 | 86 | vroeg | 157 | mw | w-mw | A |
45Y86 | Baster | CL | Pioneer | 3 | 94 | 90 | med. | 161 | mw-mv | w-mw | AB |
44Y87 | Baster | CL | Pioneer | 2 | 99 | 90 | med. laat | 158 | mw | w-mw | A |
45Y88 | Baster | CL | Pioneer | 2 | 97 | 92 | med. laat | 164 | w-mw | w-mw | A |
44Y84 | Baster | CL | Pioneer | 4 | 90 (2013) | 75 (2013) | med. | med. | mv | mw | A |
44Y89 | Baster | CL | Pioneer | nuut | 91 | 85 | vroeg | 160 | w-mw | BC | |
Hyola 577CL | Baster | CL | Barenbr. | nuut | 98 | 91 | med. laat | 163 | w | w | ? |
ATR Gem | Oop bestuif | TT | Agricol | 2 | 93 | 88 | med. | 155 | mw | w-mw | A |
CB Atomic HT | Baster | TT | Agricol | 2 | 94 | 87 | med. | 157 | mv | mw | AB |
Hyola 555TT | Baster | TT | K2 Seed | 3 | 85 (2013) | 74 (2013) | vroeg | med. | mw | w | D |
CB Jardee HT | Baster | TT | Agricol | 6 | 92 (2013) | 77 (2013) | med. laat | med. | mv | mw | ? |
CB Nitro HT | Baster | TT | Agricol | 2 | 86 (2013) | 72 (2013) | vroeg | vroeg | v | mw | AB |
Hyola 559TT | Baster | TT | Barenbr. | nuut | 96 | 89 | med. | 164 | w | w | ABD |
w = weerstand | mw = matige weerstand | mv = matig vatbaar | v = vatbaar
Beet Western Yellows Virus (BWYV): Geen data tov cultivars se vatbaarheid is beskikbaar in Australië vir 2015 nie.
* Data verkry vanuit Australië in "Blackleg Management Guide Fact Sheet – Western and Southern Regions"
Die opbrengs vir 2011 tot 2014 word opgesom in Tabel 2 en Tabel 3. Slegs sewe van die 12 cultivars in 2014 was vir twee of meer seisoene getoets. Die cultivar 44Y87 het die hoogste gemiddelde opbrengs gelewer oor die afgelope twee seisoene in die Swartland gevolg deur Hyola 50 en 45Y88. Hyola 50, Hyola 575 en Hyola 571 het die hoogste opbrengs oor die afgelope twee seisoene in die Rûens gelewer. Die TT-cultivar Hyola 555 TT is nie in 2014 getoets nie. CB Atomic en ATR Gem was onderskeidelik die beste TT-cultivars in die Swartland en Rûens.
2011 | 2012 | 2013 | 2014 | 2011-2013 | 2013-2014 | |
---|---|---|---|---|---|---|
Belinda * | 2826 | |||||
Hyola 50 * | 2027 | 2948 | 2316 | 2787 | 2430 | 2551 |
Agamax * | 2231 | 2487 | 2127 | 2630 | 2282 | 2379 |
AV Garnet | 1922 | 2506 | 1796 | 2075 | ||
AV Zircon | 1991 | 2593 | 2292 | |||
CB Tango * | 1797 | 2311 | 2054 | |||
Konv. Gem. | 1951 | 2647 | 2005 | 2630 | 2201 | 2317 |
Hyola 575CL * | 2024 | 2850 | 2304 | 2509 | 2393 | 2407 |
Hyola 571CL * | 2051 | 2493 | 2105 | 2502 | 2216 | 2304 |
Hyola 577CL * | 2684 | |||||
44Y89 * | 2699 | |||||
45Y86 * | 2456 | 2311 | 2482 | 2396 | ||
44Y84 * | 2342 | 2169 | ||||
43Y85 * | 2408 | 2052 | 2353 | 2203 | ||
44Y87 * | 2492 | 2864 | 2678 | |||
45Y88 * | 2242 | 2785 | 2513 | |||
CL Gem. | 1975 | 2460 | 2239 | 2610 | 2225 | 2424 |
Hyola 559TT * | 2158 | |||||
Hyola 555TT * | 1879 | 2392 | 1724 | 1998 | ||
CB Jardee HT * | 1362 | 2042 | 1643 | 1682 | ||
CB Nitro HT * | 1778 | |||||
CB Atomic HT * | 1655 | 2322 | 1988 | |||
ATR Gem | 1545 | 2111 | 1828 | |||
TT Gem. | 1471 | 1969 | 1669 | 2197 | 1703 | 1933 |
2010 | 2011 | 2012 | 2013 | 2014 | 2011-2013 | 2013-2014 | |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Belinda * | 2676 | ||||||
Hyola 50 * | 2640 | 3193 | 3423 | 2583 | 3085 | 3003 | |
Agamax * | 2221 | 2393 | 2560 | 2831 | 2283 | 2595 | 2557 |
AV Garnet | 2142 | 2304 | 2684 | 3015 | 2668 | ||
AV Zircon | 3305 | 2267 | 2786 | ||||
CB Tango * | 2735 | 1989 | 2362 | ||||
Konv. Gem. | 2181 | 2446 | 2812 | 3062 | 2360 | 2773 | 2711 |
Hyola 575CL * | 2756 | 3024 | 3531 | 2463 | 3104 | 2997 | |
Hyola 571CL * | 2618 | 2976 | 3489 | 2487 | 3028 | 2988 | |
Hyola 577CL * | 2389 | ||||||
44Y89 * | 2484 | ||||||
45Y86 * | 2921 | 3354 | 2320 | 2837 | |||
44Y84 | 2824 | 3021 | |||||
43Y85 * | 2462 | 2901 | 2092 | 2496 | |||
44Y87 * | 3412 | 2311 | 2861 | ||||
45Y88 * | 3805 | 2591 | 3198 | ||||
CL Gem. | 2687 | 2841 | 3191 | 2392 | 2888 | 2792 | |
Hyola 559TT * | 2263 | ||||||
Hyola 555TT * | 2174 | 2553 | 3083 | 2603 | |||
CB Jardee HT * | 1713 | 2518 | 2660 | 2297 | |||
CB Nitro HT * | 2576 | ||||||
CB Atomic HT * | 2669 | 2200 | 2435 | ||||
ATR Gem | 2610 | 1899 | 2255 | ||||
TT Gem. | 1944 | 2536 | 2720 | 2121 | 2400 | 2420 |
Enquiries
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation