Canolafokus 80 Desember 2017
Artikels indeks
Cultivarevaluasie vir die Wes- en Suid-Kaap 2017
Aspekte wat die keuse van cultivars vir 2018 kan beïnvloed
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2017
Inleiding
In die afgelope 2017 seisoen is 'n totaal van 18 cultivars in die cultivarevaluasieprogram getoets. Daar is vier konvensionele, agt CL (Clearfield®, Imasamoks tolerante) en ses van die TT (Triasien tolerante) groep by die program ingesluit. Al 18 cultivars is bastercultivars, soos in 2016. Daar is een nuwe CL- (43Y92) en drie nuwe TT-cultivars getoets (Hyola 650 TT, AG4510 TT en CHTB2112 TT).
Nasionale cultivarproewe
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het gedurende die 2017 seisoen agt proewe in die Suid-Kaap aangeplant waarvan sewe proewe se data ingesamel is (die proewe by Riversdal en Heidelbergvlakke het swak gevestig weens te min grondvog). In die Swartland is agt proewe aangeplant op sewe lokaliteite waarvan drie proewe nie geoes is nie (weens te min grondvog by Darling, Pools en Eendekuil).
Klimaat
Die afgelope seisoen in die Swartland is gekenmerk deur uiters droë toestande gedurende April en Mei. Goeie reën het op 6 en 7 Junie in die Swartland voorgekom. Aanplantings wat vanaf laat in April tot in die eerste week van Junie aangeplant is, het almal eers na die 7de Junie begin ontkiem. Die Swartland se reënval is opgesom in Tabel 1. Die Pools en Eendekuil area het 'n uiters droë seisoen beleef. Hoë gemiddelde temperature tydens September tesame met te min grondvog het opbrengste nadelig beïnvloed (Figuur 1).
In die Suid-Kaap het min reën in die somer voorgekom. Gedurende die groeiseisoen het die reënval gewissel tussen 52% en 82% van die langtermyn gemiddelde (Tabel 1). Meimaand was egter droog soos in die Swartland. Die meeste aanplantings het gedurende April plaasgevind met die uitsondering van die westelike dele waar tot begin Mei geplant is.
Bredasdorp | Caledon | Caledon | Heidelberg | Mosselbaai | Riversdal | Swellendam | Riversdal | Piketberg | Malmesbury | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Prinskraal | Dunghye P. | Protem | Voorstekop | Patrysfontein | Uitkyk | Napky | Tygerhoek | Pools | Langgewens | |
Jan | 55.9 | 75.2 | 27.7 | 70.9 | 62.5 | 0.4 | 29 | 37 | 5.1 | 6 |
Feb | 19.1 | 28.2 | 16.8 | 23.4 | 25.4 | 12.8 | 2.3 | 10 | 0.5 | 0 |
Mar | 2.5 | 5.8 | 4.8 | 15.5 | 16.8 | 12 | 4.6 | 7 | 2.5 | 9 |
Apr | 29.2 | 36.6 | 15.8 | 25.2 | 14.5 | 10.4 | 16.3 | 17 | 8.4 | 14 |
Mei | 9.1 | 4.6 | 6.6 | 16.5 | 17 | 16.4 | 7.4 | 15 | 3.8 | 11 |
Jun | 51.6 | 66.6 | 26.2 | 46 | 13.7 | 26.6 | 120.4 | 39 | 51.1 | 67 |
Jul | 37.9 | 52.6 | 25.4 | 43.9 | 17 | 25.4 | 32.5 | 43 | 20.1 | 30 |
Aug | 61.5 | 62.7 | 38.1 | 72.9 | 61.5 | 53.2 | 32 | 63 | 18.3 | 34 |
Sep | 21.8 | 21.8 | 25.2 | 22.1 | 47.8 | 17 | 17 | 26 | 4.3 | 15 |
Okt | 24.1 | 26.7 | 9.9 | 22.6 | 44.5 | 23.8 | 4.3 | 6 | 11.9 | 23 |
Apr-Okt | 235.2 | 271.6 | 147.2 | 249.2 | 216 | 172.8 | 229.9 | 209.2 | 117.9 | 194 |
By Langgewens was die reënval gedurende April tot Oktober 1.4 mm meer as in 2015. Die 2015 seisoen was die droogste seisoen sedert 1978. Tygerhoek het 24% minder reën oor die ooreenstemmende periode ontvang, as die langtermyn gemiddelde. Gedurende Mei was dit baie droog op beide lokaliteite.
Die reënval tydens Junie was naby aan gemiddeld op Langgewens en onder gemiddeld by Tygerhoek. Die res van die groeiseisoen was onder gemiddeld by Langgewens met die gevolg dat die reënval wat tydens die groeiseisoen ontvang was, 46.4% minder was as die langtermyn gemiddelde. Die reënval tydens Augustus was bo-gemiddeld by Tygerhoek.
Die minimum en maksimum temperature by Langgewens was naby aan die langtermyn gemiddelde met die uitsondering van September wat gemiddeld 1.5°C warmer was (Figuur 3). Die warm temperatuur in September tydens saadvulperiode het die saadopbrengs nadelig beïnvloed. Die gemiddelde maksimum temperatuur in die Suid-Kaap was 1.5°C hoër gedurende die groeiseisoen as die langtermyn gemiddeld (Figuur 4). Die maandelikse maksimum temperatuur vir September was 0.9°C hoër as die langtermyn gemiddeld.
Resultate
Die opbrengsresultate word opgesom in Tabel 2 en 3 vir die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (CL)"- en "Triasien tolerante (TT)"-cultivars se data is geskei van die konvensionele cultivars.
Die Swartlandproewe is gedurende die afgelope seisoen blootgestel aan onder normale vogtoestande tot rampdroogte in die noordelike- en westelike areas. Min Sclerotinia het voorgekom in 2017. Swartstaminfeksie is bepaal op al die proewe in die Swartland en daar was 'n 10% toename in vergelyking met die 2016 seisoen. Witblaarvlek het, soos die afgelope paar seisoene, by Grasrug voorgekom. In die Swartland was die gemiddelde opbrengste 1 777 kg ha-1 teenoor 2 746 kg ha-1 en 1 320 kg ha-1 in 2016 en 2015 onderskeidelik. In 2015 was die proewe by Pools, Eendekuil en Darling wel geoes teenoor geen opbrengs in 2017.
Al die proewe, met die uitsondering van saaityd 2 op Langgewens, wat later gesaai is, het ontkiem na die eerste reën op 6 en 7 Junie 2017. Die proefgemiddeldes vir die Swartland het gewissel tussen 1 414 kg ha-1 vir Porterville (Darling, Pools en Eendekuil geen opbrengs) en 2 236 kg ha-1 vir Philadelphia.
Diamond (1 928 kg ha-1) was die konvensionele cultivar met die hoogste opbrengs in sy groep en 2de hoogste gemiddelde opbrengs in die Swartland na CL-cultivar 44Y90. Diamond se opbrengs was nie betekenisvol laer as die van 44Y90 nie. Die opbrengs van CB Tango (1 874 kg ha-1) en Belinda (1 829 kg ha-1) was nie betekenisvol laer as dié van Diamond nie.
Die opbrengs van die CL-cultivar 44Y90 (2 038 kg ha-1) was betekenisvol hoër as die ander cultivars in die groep en was ook die hoogste in die Swartland. Die CL-cultivar met die 2de hoogste opbrengs was 44Y89 (1 897 kg ha-1) gevolg deur 43Y92 (1 864 kg ha-1) en 44Y91 (1 854 kg ha-1).
Daar is drie nuwe TT-cultivars die afgelope seisoen getoets. Die TT-cultivar met die hoogste gemiddelde opbrengs in die Swartland was AG4510 TT (1 691 kg ha-1) gevolg deur 'n nuwe cultivar, CHYB2112TT (1 676 kg ha-1), Hyola 555 TT (1 675 kg ha-1) en nog 'n nuwe cultivar, Hyola 650 TT (1 664 kg ha-1). Daar was slegs 27 kg ha-1 verskil tussen die vier TT-cultivars met die hoogste opbrengste.
Die gemiddelde opbrengs van die TT-cultivars in 2017 was 9.8% laer in vergelyking met die konvensionele cultivars. In die 2016 seisoen was die opbrengs 13% laer. Die CL-cultivars se opbrengs was gemiddeld 15 kg ha-1 hoër as die opbrengs van die konvensionele groep cultivars.
In die Rûens (Tabel 3) het die proefgemiddeldes gewissel tussen 2 659 kg ha-1 op Napier en 1 730 kg ha-1 op Tygerhoek se 2de saaidatum. Die gemiddelde opbrengs was 2 240 kg ha-1 teenoor 2885 ha-1 in 2016 en 1 320 kg ha-1 in 2015.
Die konvensionele cultivar Diamond (2 601 kg ha-1) het die hoogste gemiddelde opbrengs in die konvensionele groep en in die proef as geheel gelewer. Dit is gevolg deur CB Tango, CB Agamax, Belinda en Hyola 50, maar al die opbrengste was betekenisvol laer as dié van Diamond.
Die nuwe CL-cultivar 44Y90 (2 501 kg ha-1) het die hoogste opbrengs in die CL-groep gelewer. Die (nuwe) cultivar 43Y92 (2 434 kg ha-1) was 2de binne die CL-groep gevolg deur 44Y89 (2 379 kg ha-1) en 45Y91 (2 366 kg ha-1). Al bogenoemde cultivars het nie betekenisvol van 44Y90 verskil nie.
In die TT-groep het AG4510 TT (2 268 kg ha-1) 'n betekenisvolle hoër opbrengs as die ander cultivars in die groep. AG4510 TT is gevolg deur Hyola 650 TT (2 070 kg ha-1), Hyola 559 TT (2 066 kg ha-1) en Hyola 555 TT (2 022 kg ha-1).
Die gemiddelde opbrengs van TT- cultivars was 9% laer as die konvensionele cultivars. In 2016 was die verskil 14.2% teenoor 18.1% in 2015 en 8.1% in 2014. Die gemiddelde opbrengs van TT- cultivars was 10% laer as die CL-cultivars. Die CL- en konvensionele cultivars het gemiddeld met slegs 26 kg ha-1 in opbrengs verskil. Soos in die Swartland, het die CL-cultivars ook hier ietwat beter gevaar.
Langgewens 1 | Langgewens 2 | Grasrug | Philadelphia | Porterville | Swartland | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond | 1896 | abcdef | 1966 | abcd | 1920 | a | 2092 | bcde | 1820 | a | 1928 | ab |
CB Tango | 1954 | abcde | 2013 | abc | 1692 | cde | 2391 | abc | 1786 | ab | 1874 | bcd |
Belinda | 2035 | abc | 1987 | abc | 1681 | cde | 2456 | ab | 1431 | cde | 1829 | bcd |
Hyola 50 | 2018 | abc | 1802 | bcd | 1590 | de | 2386 | abc | 1596 | abc | 1776 | cde |
CB Agamax | 1870 | bcdef | 2024 | ab | 1584 | de | 2206 | abcde | 1469 | bcd | 1746 | de |
Konv. gem. | 1955 | 1958 | 1693 | 2306 | 1620 | 1831 | ||||||
44Y90 | 2244 | a | 2216 | a | 1898 | ab | 2590 | a | 1652 | abc | 2038 | a |
44Y89 | 2146 | ab | 1935 | abcd | 1839 | abc | 2293 | abcd | 1497 | abcd | 1897 | bc |
43Y92 | 2062 | abc | 2048 | ab | 1702 | bcde | 2585 | a | 1416 | cde | 1864 | bcd |
45Y91 | 2137 | abc | 2233 | a | 1642 | cde | 2447 | ab | 1375 | cde | 1854 | bcd |
Hyola 575 CL | 1906 | abcdef | 1796 | bcd | 1781 | abcd | 2275 | abcd | 1344 | cde | 1791 | cde |
45Y88 | 2044 | abc | 1674 | cd | 1739 | abcd | 2429 | ab | 1330 | cde | 1789 | cde |
Hyola 577 CL | 1784 | cdef | 1722 | bcd | 1669 | cde | 2262 | abcd | 1175 | de | 1686 | ef |
CL gem. | 2046 | 1946 | 1753 | 2412 | 1398 | 1846 | ||||||
AG4510 TT | 1974 | abcd | 2029 | ab | 1614 | de | 1941 | de | 1125 | e | 1691 | ef |
CHYB2112 TT | 1641 | def | 1773 | bcd | 1700 | bcde | 1859 | e | 1407 | cde | 1676 | ef |
Hyola 555 TT | 1873 | bcdef | 1709 | bcd | 1668 | cde | 2022 | cde | 1222 | de | 1675 | ef |
Hyola 650 TT | 1615 | ef | 1767 | bcd | 1640 | cde | 2121 | bcde | 1332 | cde | 1664 | ef |
Hyola 559 TT | 1822 | bcdef | 1641 | d | 1510 | e | 2068 | bcde | 1319 | cde | 1610 | f |
CB Atomic TT | 1587 | f | 1867 | bcd | 1597 | de | 1830 | e | 1162 | de | 1595 | f |
TT gem. | 1752 | 1798 | 1622 | 1974 | 1261 | 1651 | ||||||
Gemiddeld | 1923 | 1900 | 1693 | 2236 | 1414 | 1777 | ||||||
kbv | 355.75 | 342.11 | 202.92 | 392.9 | 340.27 | 129.98 | ||||||
kv | 11.15 | 10.85 | 7.2 | 10.58 | 14.49 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Tygerhoek 1 | Tygerhoek 2 | Klipdale | Napier | Roodebloem | Swellendam | Suid-Kaap | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond | 2753 | a | 2009 | abc | 2818 | a | 3092 | abc | 2843 | abc | 2410 | a | 2601 | a |
CB Tango | 2103 | cdef | 1505 | f | 2260 | bcd | 3075 | abc | 2904 | a | 2185 | abc | 2277 | def |
CB Agamax | 1972 | def | 1849 | abcde | 2064 | cde | 3006 | abcd | 2333 | defg | 2021 | abcdef | 2200 | efg |
Belinda | 1813 | f | 1906 | abcde | 2526 | ab | 2842 | bcdef | 2096 | efgh | 1899 | bcdef | 2189 | efg |
Hyola 50 | 2378 | abcde | 1698 | def | 2243 | bcd | 2908 | bcde | 2297 | defgh | 1768 | def | 2185 | efg |
Konv. gem. | 2204 | 1793 | 2382 | 2985 | 2495 | 2057 | 2290 | |||||||
44Y90 | 2404 | abcd | 1923 | abcde | 2500 | ab | 3132 | ab | 2482 | bcde | 2361 | a | 2501 | ab |
43Y92 | 2484 | abc | 1883 | abcde | 2508 | ab | 3285 | a | 2952 | a | 2216 | abc | 2434 | bc |
44Y89 | 2279 | bcde | 1932 | abcde | 2571 | ab | 2986 | abcd | 2426 | def | 2171 | abcd | 2379 | bcd |
45Y91 | 2143 | cdef | 2058 | ab | 2368 | bc | 3044 | abc | 2863 | ab | 1715 | ef | 2366 | bcd |
45Y88 | 2674 | ab | 2090 | a | 1742 | efg | 2980 | abcd | 2665 | abcd | 1818 | cdef | 2315 | cde |
Hyola 575 CL | 2203 | cdef | 1705 | def | 2018 | cde | 2767 | cdef | 2044 | fgh | 2263 | ab | 2133 | fgh |
Hyola 577 CL | 1954 | ef | 1748 | cdef | 1939 | def | 2943 | abcd | 2202 | efgh | 1723 | ef | 2082 | gh |
CL gem. | 2306 | 1906 | 2235 | 3020 | 2519 | 2038 | 2316 | |||||||
AG4510 TT | 2286 | bcde | 1696 | def | 2277 | bcd | 3041 | abc | 2460 | cde | 2086 | abcde | 2268 | def |
Hyola 559 TT | 1976 | def | 1637 | ef | 2041 | cde | 2501 | f | 2306 | defgh | 2155 | abcd | 2066 | gh |
Hyola 650 TT | 2244 | bcdef | 1779 | bcdef | 1994 | cde | 2510 | f | 1943 | gh | 2095 | abcde | 2070 | gh |
Hyola 555 TT | 2135 | cdef | 1976 | abcd | 1613 | fg | 2681 | def | 1932 | h | 1699 | ef | 2022 | h |
CB Atomic HT | 2018 | def | 1758 | cdef | 1935 | def | 2662 | def | 1913 | h | 1670 | f | 1993 | h |
CHTB2112 TT | 1532 | f | 1471 | g | 2561 | ef | 2398 | def | ||||||
TT Gem. | 2132 | 1730 | 1889 | 2659 | 2159 | 1941 | 2084 | |||||||
Gemiddeld | 2225 | 1832 | 2201 | 2909 | 2392 | 2015 | 2240 | |||||||
kbv | 438.27 | 299.89 | 379.92 | 357.24 | 399.58 | 404.83 | 148.61 | |||||||
kv | 11.84 | 9.95 | 10.59 | 7.45 | 10.07 | 12.08 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Aspekte wat die keuse van canola cultivars vir 2018 kan beïnvloed
Belangrik
Die seisoen bepaal die spoed van fisiologiese ontwikkeling. Die Swartland en Suid-Kaap verskil gevolglik ook jaarliks. Wat belangrik is, is dat cultivars meestal hul posisie ten opsigte van ander cultivars behou. Vinnige cultivars bly vinnig en stadige cultivars bly stadig. In Tabel 1 word die cultivar-eienskappe van al die plaaslik getoetste cultivars opgesom. Wanneer produsente 'n keuse maak is dit belangrik dat 'n paar eienskappe in gedagte gehou word, naamlik:
- Is die saad van die cultivar van u keuse beskikbaar?
- Is dit 'n beproefde cultivar (reeds voorheen in die nasionale cultivarproewe getoets)? Opbrengspotensiaal en opbrengs oor jare is opgesom in Tabel 2 en 3. Dit is die ideaal om na meer as een jaar se data te kyk. Dit is ook belangrik om te kyk hoe die cultivar in die Swartland en Suid-Kaap presteer het, dit dui op aanpasbaarheid.
- Oopbestuifde cultivars is byna nie meer beskikbaar nie, daar is geen sodanige cultivar in 2017 getoets nie. Die keuse van cultivars is dus hoofsaaklik uit die bastergroep. Die rede is, bastercultivars is meer groeikragtig en het 'n hoër opbrengspotensiaal.
- Onkruid met weerstand kan die tipe cultivar bepaal. Produsente moet vooraf deeglike beplanning doen en onkruidgeskiedenis in ag neem alvorens op 'n cultivar besluit word. Chemiese onkruiddoder-program word bepaal deur die tipe cultivar (konvensioneel, TT en CL).
- Konvensionele en CL-cultivars is meer groeikragtig as TT-cultivars. Die gemiddelde opbrengs van eersgenoemde groepe was nagenoeg 10% hoër as die TT-groep in 2017.
- Fisiologiese ontwikkelingstempo en veral die aantal dae tot blom en tydperk van blom is belangrik. In die Rûens is daar soms vroeg vog beskikbaar en vinnige cultivars kan te vroeg gesaai word. In areas waar die reën normaalweg vroeg afsny, moet verkieslik kort groeiseisoen cultivars geplant word (Tabel 1).
- Siektes:
- Dit word aanbeveel dat produsente in gebiede met 'n hoë swartstamrisiko, cultivars aanplant met goeie swartstamweerstand (Tabel 1 en Canolafokus 51). Die voorkoms van swartstam in 2017 was in die Swartland en Suid-Kaap hoër as in die vorige seisoen. Dit word aanbeveel om cultivars met verskillende weerstandsgene af te wissel.
- Min Sclerotinia het in 2017 voorgekom, maar die sclerosums wat as bron van besmetting dien is steeds in die grond en die siekte sal dus weer voorkom as die klimaat meer gunstig is daarvoor. Die siekte moet bestuur word (sien Canolafokus 63). Sclerotinia is 'n siekte wat algemeen in die Rûens voorkom en geen cultivar het weerstand nie. Die siekte word ook al meer in die Swartland waargeneem.
Inligting en eienskappe van die cultivars word opgesom in Tabel 1. Die inligting sluit in dae tot blom en tydperk van blom. Die swartstamindeks word in twee kolomme verdeel. Die 2de kolom gee die swartstamindeks nadat saad met die saadbehandelingsmiddel Jockey® of Galmano behandel is. Waar internasionale inligting nie beskikbaar is vir spesifieke cultivars nie, is plaaslike data gebruik. Die laaste kolom dui die weerstandsgene aan van die cultivars met die beste swartstamweerstand.
Die opbrengs per cultivar, uitgedruk as persentasie van die area gemiddeld vir 2015 tot 2017, word opgesom in Tabel 2 en 3. Veertien van die 18 cultivars in 2017 was vir twee of meer seisoene getoets.
In die Swartland het die konvensionele cultivar Diamond (110.3%) en die CL-cultivar 44Y90 (110%) die hoogste gemiddelde persentasie opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer. Die TT-cultivar met die hoogste persentasie opbrengs vir 2016 en 2017 in die Swartland was Hyola 555 TT gevolg deur Hyola 559 en CB Atomic HT. Die cultivars wat die beste oor drie seisoene in hul onderskeie groepe gevaar het was Diamond (konvensioneel), 44Y89 (Cl) en Hyola 559 (TT).
In die Rûens het die konvensionele cultivar Diamond (114.8%) gevolg deur twee CL-cultivar 44Y90 (110.9%) en 45Y91 (110.6%) die hoogste persentasie opbrengs (gemeet teenoor Rûens gemiddeld) die afgelope twee seisoene gelewer. Die TT-cultivar met die hoogste persentasie opbrengs vir 2016 en 2017 in die Rûens was CB Atomic HT (89%) gevolg deur Hyola 559 TT (88.8%) Hyola 555 TT (88.4%). Die cultivars wat die beste oor drie seisoene in hul onderskeie groepe gevaar het was Belinda (konvensioneel), 44Y89 (CL) en CB Atomic (TT).
Cultivar | Tipe | Jaar 1ste toets | Dae tot blom: Rûens |
Dae tot blom: Swartland |
Groeiperiode: Dae tot blom |
Dae tot eind- blom (Lang.) |
Swartstam indeks# | Swart- stam indeks + Jockey# |
Swartstam weer- standsgroep# |
||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
CB Agamax | Baster | Konv. | Agricol | 2008 | 96 | 72 | med. vroeg | med. vroeg | mv2014 | mw2014 | AB |
Hyola 50 | Baster | Konv. | K2 Seed | 2009 | 98 | 77 | med. | laat | w2016 | w2016 | AD |
CB Tango | Baster | Konv. | Agricol | 2013 | 91 | 66 | vroeg | vroeg | mv2014 | mw2014 | B |
Belinda | Baster | Konv. | Bayer | 2014 | 100 | 76 | med. | med. | – | ws | – |
Diamond | Baster | Konv. | Agricol | 2015 | 90 | 65 | vroeg | vroeg | mw2017 | – | ABF |
Hyola 575 CL | Baster | CL | K2 Seed | 2011 | 97 | 75 | med. vroeg | med. laat | w2017 | w2015 | BF |
45Y88 CL | Baster | CL | Pioneer | 2013 | 103 | 80 | med. laat | med. laat | mv2017 | w-mw2017 | A |
44Y89 CL | Baster | CL | Pioneer | 2014 | 100 | 74 | med. | vroeg | mw2017 | w2017 | BC |
Hyola 577CL | Baster | CL | Barenbr. | 2014 | 103 | 79 | med. laat | laat | w2016 | w2015 | B |
44Y90 CL | Baster | CL | Pioneer | 2016 | 100 | 76 | med. | vroeg | w-mw2017 | w2017 | B |
45Y91 CL | Baster | CL | Pioneer | 2016 | 103 | 80 | med. laat | med. | mw2017 | w2017 | B |
43Y92 | Baster | CL | Pioneer | 2017 | 98 | 72 | med. vroeg | vroeg | w-mw2017 | w2017 | B |
CB Atomic HT | Baster | TT | Agricol | 2013 | 99 | 77 | med. | med. | mv2015 | mw2015 | AB |
Hyola 555 TT | Baster | TT | K2 Seed | 2011 | 94 | 74 | med. vroeg | vroeg | mw2014 | w2014 | D |
Hyola 559 TT | Baster | TT | Barenbr. | 2014 | 96 | 75 | med. vroeg | laat | w-mw2017 | – | ABD |
Hyola 650 TT | Baster | TT | Barenbr. | 2017 | 99 | 75 | med | laat | w2017 | – | ABD |
AG4510 TT | Baster | TT | Agricol | 2017 | 97 | 75 | med. vroeg | med. | mv-mw2017 | w2017 | BF |
CHTB2112 TT | Baster | TT | Agricol | 2017 | 98 | 71 | med. vroeg | vroeg | – | w-mws | – |
w = weerstand | mw = matige weerstand | mv = matig vatbaar | v = vatbaar
# Data verkry vanuit Australië in "Blackleg Management Guide Fact Sheet – Western and Southern Regions" (opdateer September 2018).
Swartland swartstamdata (s) is gebruik waar geen ander data beskikbaar is nie.
2015 | 2016 | 2017 | 2016 en 2017 | 2015-2017 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond | 125 | 112 | 108 | 1 | 110.3 | 1 | 115.3 | 1 |
Belinda | 103 | 101 | 103 | 3 | 101.7 | 3 | 102.3 | 3 |
CB Tango | 111 | 103 | 105 | 2 | 104.0 | 2 | 106.3 | 2 |
Hyola 50 | 102 | 102 | 100 | 4 | 100.7 | 4 | 101.2 | 5 |
Agamax | 105 | 102 | 98 | 5 | 99.9 | 5 | 101.6 | 4 |
44Y90 | 106 | 114 | 1 | 110.0 | 1 | |||
45Y91 | 109 | 104 | 4 | 106.7 | 2 | |||
Hyola 577 CL | 88 | 90 | 95 | 7 | 92.4 | 6 | 90.8 | 4 |
44Y89 | 120 | 105 | 106 | 2 | 105.5 | 3 | 110.2 | 1 |
45Y88 | 84 | 103 | 100 | 6 | 101.6 | 4 | 95.8 | 3 |
Hyola 575 CL | 93 | 91 | 90 | 5 | 90.6 | 2 | 91.3 | 1 |
43Y92 | 105 | 3 | ||||||
Hyola 559 TT | 93 | 91 | 90 | 5 | 90.6 | 2 | 91.3 | 1 |
CB Atomic HT | 89 | 90 | 89 | 6 | 89.9 | 3 | 89.6 | 2 |
Hyola 555 TT | 82 | 90 | 94 | 3 | 92.2 | 1 | 88.9 | 3 |
Hyola 650 TT | 93 | 4 | ||||||
AG4510 TT | 95 | 1 | ||||||
CHTB2112 TT | 94 | 2 |
2015 | 2016 | 2017 | 2016 en 2017 | 2015-2017 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond | 107 | 113 | 116 | 1 | 114.8 | 1 | 110.3 | 2 |
Belinda | 113 | 110 | 98 | 4 | 103.9 | 2 | 111.7 | 1 |
CB Tango | 92 | 91 | 102 | 2 | 96.5 | 4 | 91.9 | 5 |
Hyola 50 | 97 | 90 | 98 | 5 | 94.0 | 5 | 93.7 | 4 |
Agamax | 96 | 101 | 98 | 3 | 99.7 | 3 | 98.8 | 3 |
44Y90 | 110 | 112 | 1 | 110.9 | 1 | |||
45Y91 | 116 | 106 | 4 | 110.6 | 2 | |||
Hyola 577 CL | 105 | 96 | 93 | 7 | 94.4 | 6 | 100.4 | 3 |
44Y89 | 111 | 108 | 106 | 3 | 107.3 | 3 | 109.9 | 2 |
45Y88 | 117 | 106 | 103 | 5 | 104.9 | 4 | 111.6 | 1 |
Hyola 575 CL | 103 | 96 | 95 | 6 | 95.6 | 5 | 99.7 | 4 |
43Y92 | 109 | 2 | ||||||
Hyola 559 TT | 81 | 85 | 92 | 3 | 88.8 | 2 | 86.1 | 3 |
CB Atomic HT | 90 | 89 | 89 | 5 | 89.0 | 1 | 89.2 | 1 |
Hyola 555 TT | 87 | 86 | 90 | 4 | 88.4 | 3 | 88.0 | 2 |
Hyola 650 TT | 92 | 2 | ||||||
AG4510 TT | 92 | 2 |
Enquiries
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation