Canolafokus 73 Desember 2016
Artikels indeks
Canola cultivarevaluasie 2016
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016
Inleiding
In die afgelope 2016 seisoen is 'n totaal van 19 cultivars in die cultivarevaluasieprogram getoets (drie cultivars het mekaar afgewissel weens onvoldoende saad). Daar is ses konvensionele, 9 CL (Clearfield®, Imasamoks tolerante) en vier van die TT (Triasien tolerante) groep by die program ingesluit. Al 19 cultivars is bastercultivars. Daar is twee nuwe CL- en een nuwe konvensionele cultivar getoets.
Nasionale cultivarproewe
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het gedurende die 2016 seisoen agt proewe in die Suid-Kaap aangeplant waarvan vyf proewe se data ingesamel is (proef by Roodebloem het swak gevestig en by Tygerhoek het onkruiddoderskade voorgekom). In die Swartland is agt proewe aangeplant op sewe lokaliteite waarvan slegs een proef nie geoes is nie (swak vestiging op Langgewens 2de saaityd).
Klimaat oorsig
Die afgelope seisoen in die Swartland is gekenmerk deur uiters droë toestande gedurende Mei. Goeie reën het op 26 Maart en 22 April in die Swartland voorgekom. Aanplantings wat laat in April en vroeg in Mei geplant is het goed gevestig en ook goeie opbrengste gelewer. Gedurende Mei tot 8 Junie het baie min reën voorgekom. Die Swartland reënval is opgesom in Tabel 1. Die Pools area in die Rooikaroo het 'n baie droë seisoen beleef.
In die Suid-Kaap het gemiddelde reënval voorgekom vir die periode April tot September (Tabel 1). Meimaand was egter droog soos in die Swartland. Die meeste aanplantings het gedurende April plaasgevind met die uitsondering van die westelike dele waar tot begin Mei geplant is.
By Langgewens en Tygerhoek was die reënval gedurende Maart tot September baie naby aan die langtermyn gemiddelde (Figuur 1 en figuur 2). Gedurende Mei was dit baie droog op beide lokaliteite. Die reënval tydens Junie was bo-gemiddeld op Langgewens en slegs gemiddeld by Tygerhoek. Die reënval tydens September was bo-gemiddeld by Tygerhoek.
Swartland Reënval 2015 | Langtermyn: Reënval | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Langgewens | Pools | Koperfontein | Porterville | Langgewens | Pools | Koperfontein | Porterville | |
Januarie | 11.0 | 4.6 | 8.0 | 55.1 | 9.7 | 8.3 | 8.1 | 22.5 |
Februarie | 5.8 | 2.0 | 0.6 | – | 12.3 | 6.0 | 7.8 | 28.9 |
Maart | 28.2 | 14.0 | 19.4 | – | 14.2 | 7.9 | 8.3 | 19.6 |
April | 42.2 | 23.1 | 43.8 | 42.0 | 34.1 | 14.6 | 18.7 | 46.6 |
Mei | 6.4 | 10.7 | 13.0 | 8.6 | 59.1 | 38.6 | 41.7 | 89.1 |
Junie | 92.8 | 44.2 | 86.0 | 136.9 | 69.5 | 64.9 | 67.9 | 120.7 |
Julie | 65.8 | 36.3 | 54.4 | 111.5 | 60.6 | 52.0 | 52.8 | 93.6 |
Augustus | 54.6 | 29.5 | 48.6 | 58.9 | 63.1 | 48.7 | 52.3 | 82.3 |
September | 41.8 | 47.8 | 46.8 | 38.4 | 34.2 | 24.2 | 32.4 | 49.1 |
Oktober | 8.6 | 1.5 | 14.2 | 8.4 | 24.0 | 12.2 | 11.4 | 38.6 |
Totaal | 208 | 146 | 163 | 345 | 426 | 286 | 317 | 617 |
April-September | 303.6 | 191.6 | 292.6 | 396.3 | 320.5 | 243.0 | 265.8 | 481.4 |
Suid-Kaap Reënval 2016 | Langtermyn: Reënval | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Tygerhoek | Prinskraal | Caledon | Protem | Riversdal | Tygerhoek | Prinskraal | Caledon | Protem | Riversdal | |
Januarie | 25.0 | 17.9 | 12.7 | 27.4 | 78.6 | 26.0 | 12.6 | 19.6 | 30.7 | 29.2 |
Februarie | 20.7 | 22.6 | 19.8 | 28.2 | 72.4 | 29.0 | 25.7 | 22.3 | 21.3 | 27.6 |
Maart | 32.7 | 37.3 | 48.5 | 71.9 | 42.6 | 33.0 | 26.1 | 19.5 | 25.6 | 29.9 |
April | 15.8 | 31.1 | 26.4 | 23.4 | 42.6 | 50.0 | 30.7 | 34.9 | 25.5 | 41.3 |
Mei | 1.7 | 35.3 | 6.6 | 7.8 | 25.0 | 42.0 | 40.1 | 47.0 | 28.1 | 39.2 |
Junie | 42.0 | 61.2 | 59.6 | 30.4 | 54.8 | 43.0 | 48.4 | 106.0 | 58.2 | 50.1 |
Julie | 105.7 | 58.2 | 110.0 | 91.2 | 56.0 | 45.0 | 56.6 | 80.8 | 44.2 | 49.5 |
Augustus | 29.8 | 60.9 | 48.3 | 32.0 | 27.6 | 52.0 | 0.0 | 76.7 | 45.2 | 45.2 |
September | 73.5 | 34.5 | 45.5 | 48.8 | 30.2 | 34.0 | 28.8 | 47.7 | 25.2 | 28.4 |
Oktober | 24.6 | 53.6 | 17.8 | 11.7 | 39.0 | 49.9 | 56.1 | 49.2 | 48.5 | |
April-September | 268.5 | 281.2 | 296.4 | 233.6 | 236.2 | 266.67 | 204.6 | 393.1 | 226.4 | 253.7 |
Resultate
Die opbrengsresultate word opgesom in Tabel 2 en 3 vir die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (CL)" en "Triasien tolerante (TT)"-cultivars se data is geskei van die konvensionele cultivars, terwyl die oopbestuifde cultivar met 'n # aangedui word.
Die Swartlandproewe is gedurende die afgelope seisoen blootgestel aan droog tot normale toestande met baie hoë opbrengste in sommige areas. Min siekteprobleme het voorgekom in 2016. Swartstam infeksie is bepaal op drie proewe, maar kan nie vergelyk word met vorige seisoene nie. Witblaarvlek het by Grasrug voorgekom. In die Swartland was die gemiddelde opbrengste 2 746kg ha-1 teenoor 1 320kg ha-1 en 2 468kg ha-1 in 2015 en 2014.
Die proewe met hoë opbrengste in die Swartland het vroeg in Mei ontkiem. Dit het wel erge vogstremming ervaar tot 9 Junie. Die proewe by Pools en Philadelphia het na 9 Junie ontkiem (Pools se data is uitgesluit). Die proefgemiddeldes vir die Swartland het gewissel tussen 1 835kg ha-1 vir Philadelphia en 3 703kg ha-1 vir Langgewens. Die konvensionele bastercultivar Diamond, het soos in 2015 'n betekenisvol hoër opbrengs (3 120kg ha-1) vergeleke met die ander cultivars in die groep gelewer vir die Swartland area. Diamond is gevolg deur Tango (2 858kg ha-1) en CB Agamax (2 829kg ha-1) en Hyola 50 (2 828kg ha-1).
Die twee nuwe CL-cultivars 45Y90 en 44Y91 het die hoogste opbrengs binne hul groep gegee nl., 3038 kg ha-1 en 2 936kg ha-1. Die kommersiële CL-cultivar 44Y89 (2 901kg ha-1) het die 3de hoogste opbrengs in die CL-groep gelewer en was nie betekenisvol laer as ander cultivars binne die CL-groep nie. Die opbrengs van Diamond, 45Y90 en 44Y91 het nie betekenisvol verskil nie.
In die TT-groep was die verskil in opbrengs tussen die hoogste en laagste opbrengs slegs 15kg ha-1 nl, 2 520kg ha-1, 2 510kg ha-1 en 2 505kg ha-1 vir Hyola 559, Hyola 555 en CB Atomic HT. Die opbrengs van die TT-cultivars in 2016 was 13% laer in vergelyking met die konvensionele cultivars. In die voorafgaande ses jare het die TT-cultivars tussen 17.3% tot 25.6% laer opbrengste gegee as die konvensionele cultivars. Die TT-cultivars se opbrengs was gedurende 2016 8.5% laer as dié van die CL-groep (13% in 2015, 19.8% in 2014 en 25.5% in 2013).
In die Rûens (Tabel 3) het die proefgemiddeldes gewissel tussen 2 378kg ha-1 op Witsand (Witsandproef was ondersaai met lusern) en 3 278kg ha-1 op Swellendam. Die gemiddelde opbrengste was 2 885kg ha-1 teenoor 1 320kg ha-1 en 2 468kg ha-1 in 2015 en 2014.
Die konvensionele cultivar Diamond (3 305kg ha-1) het die hoogste gemiddelde opbrengste in die konvensionele groep gelewer en is gevolg deur die cultivar Belinda (3 207kg ha-1). Dié cultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil nie. In 2015 was Belinda 1ste gevolg deur Diamond.
Die nuwe CL-cultivar 45Y91 (3 368kg ha-1) het die hoogste opbrengs in die CL-groep gelewer. Dit was ook die cultivar met die hoogste opbrengs in die Suid-Kaap. Die (nuwe) cultivar 44Y90 (3 210kg ha-1) was 2de binne die CL-groep, maar sy opbrengs was nie betekenisvol laer as 45Y91 nie. Die kommersiële cultivar 44Y89 (3 156kg ha-1) was 3de binne die CL-groep gevolg deur 45Y88 (3 100kg ha-1).
In die TT-groep het CB Atomic HT (2 592kg ha-1) die hoogste opbrengs gelewer gevolg deur Hyola 555 (2 517kg ha-1) en Hyola 559 (2 489kg ha-1). Beide het nie betekenisvol van CB Atomic HT verskil nie.
Langgewens | Darling | Eendekuil | Philedelphia | Grasrug | Swartland | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Belinda | 3889 | b | 2181 | bcdef | 2142 | bcd | 1721 | def | 2981 | cde | 2798 | cde |
CB Agamax | 3796 | bc | 2393 | abcd | 2092 | bcde | 2134 | abc | 3034 | bcd | 2829 | cde |
CB Tango | 3889 | b | 2158 | bcdef | 2237 | abc | 1685 | def | 3149 | bc | 2858 | bcd |
Hyola 50 | 3858 | b | 2469 | abc | 1947 | cdefg | 2001 | abcd | 3036 | bcd | 2828 | cde |
Diamond | 4289 | a | 2330 | abcd | 2380 | ab | 2257 | ab | 3480 | a | 3120 | a |
CHYB2644 | 4355 | a | ||||||||||
Konv. Gem. | 4013 | 2306 | 2160 | 1959 | 3136 | 2887 | ||||||
44Y84 | 3014 | f | 1971 | cdef | 2032 | cdef | 1632 | ef | 2595 | f | 2403 | g |
44Y87 | 3375 | def | 2265 | abcde | 1893 | defg | 1175 | g | 3175 | bc | 2677 | def |
44Y89 | 3763 | bc | 2354 | abcd | 2451 | a | 1950 | abcde | 3037 | bcd | 2901 | bc |
44Y90 | 3870 | b | 2463 | abc | 2075 | cdef | 1928 | bcde | 3338 | ab | 2936 | abc |
45Y88 | 3674 | bcd | 2537 | ab | 1913 | defg | 1805 | bcde | 3287 | ab | 2853 | cd |
45Y91 | 3849 | b | 2713 | a | 2015 | cdef | 2281 | a | 3577 | a | 3038 | ab |
Hyola 575 CL | 3863 | b | 1710 | f | 1906 | defg | 2096 | abc | 3159 | bc | 2660 | ef |
Hyola 577 CL | 3476 | cde | 1788 | ef | 1716 | g | 1630 | ef | 3041 | bcd | 2505 | fg |
43Y85 | 2229 | abcde | 1799 | fg | 1949 | abcde | 2920 | cde | ||||
CL Gem. | 3611 | 2225 | 1978 | 1827 | 3151 | 2747 | ||||||
CB Atomic HT | 3529 | bcde | 1774 | ef | 1847 | efg | 1670 | def | 2872 | cdef | 2505 | fg |
Hyola 555 TT | 3546 | bcde | 1710 | f | 2003 | cdefg | 1546 | f | 2781 | def | 2510 | fg |
Hyola 559 TT | 3362 | def | 1921 | def | 2073 | cdef | 1745 | def | 2726 | ef | 2520 | fg |
Granite TT | 3249 | ef | ||||||||||
TT Gem. | 3421 | 1801 | 1974 | 1654 | 2793 | 2512 | ||||||
Proef Gem | 3703 | 2174 | 2031 | 1835 | 3079 | 2746 | ||||||
kv. | 6.02 | 13.89 | 8.63 | 11.44 | 5.93 | 185.62 | ||||||
kbv. | 369.8 | 502.36 | 291.58 | 349.29 | 304.27 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was 14.2% 18.1% in 2015, 8.1% in 2014, 11.2% in 2013 en 22.1% in 2010) laer as die gemiddelde van die konvensionele cultivars. Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was 14.9% (23.3% in 2015, 11.3% in 2014) laer as die CL-cultivars. Die CL- en konvensionele cultivars het min verskil (0.9%) in opbrengs.
Napier | Klipdale | Riversdal | Swellendam | Witsand | Suid-Kaap | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Belinda | 3530 | ab | 3469 | ab | 2773 | abcde | 3697 | a | 2568 | bcd | 3207 | abc |
CB Agamax | 3226 | bcde | 3274 | bcd | 2808 | abcd | 2997 | bcde | 2436 | d | 2948 | de |
CB Tango | 2908 | cdefg | 2506 | fg | 2511 | cdef | 2899 | de | 2466 | cd | 2658 | fgh |
Hyola 50 | 2783 | efg | 2697 | ef | 2355 | defg | 3420 | abc | 1922 | h | 2635 | fgh |
Diamond | 3333 | bc | 3234 | bcd | 3242 | a | 3749 | a | 2967 | a | 3305 | ab |
CHYB2644 | 3262 | bcd | 2587 | cdef | ||||||||
Konv. Gem. | 3174 | 3036 | 2713 | 3353 | 2472 | 2951 | ||||||
44Y84 | 3036 | cdef | 3001 | cde | 2415 | cdefg | 2703 | e | 2182 | efg | 2667 | fgh |
44Y87 | 2958 | cdef | 3216 | bcd | 1968 | g | 3426 | abc | 2080 | gh | 2730 | fg |
44Y89 | 2950 | cdefg | 3276 | bcd | 3165 | ab | 3702 | a | 2685 | b | 3156 | bc |
44Y90 | 3521 | ab | 3253 | bcd | 2864 | abc | 3753 | a | 2660 | bc | 3210 | abc |
45Y88 | 3291 | bc | 3532 | ab | 2592 | cdef | 3702 | a | 2383 | de | 3100 | cd |
45Y91 | 3938 | a | 3780 | ab | 2863 | abc | 3481 | ab | 2777 | ab | 3368 | a |
Hyola 575 CL | 2996 | cdef | 2481 | fg | 2730 | bcde | 3312 | abcd | 2445 | cd | 2793 | ef |
Hyola 577 CL | 3126 | bcdef | 2950 | de | 2358 | defg | 3356 | abcd | 2163 | fg | 2791 | ef |
43Y85 | 2774 | fg | 2728 | ef | 2770 | e | 2362 | def | ||||
CL Gem. | 3177 | 3135 | 2619 | 3356 | 2415 | 2977 | ||||||
CB Atomic HT | 2838 | defg | 2585 | fg | 2311 | efg | 3084 | bcde | 2140 | g | 2592 | gh |
Hyola 555 TT | 2771 | fg | 2485 | fg | 2391 | cdefg | 2748 | e | 2191 | efg | 2517 | h |
Hyola 559 TT | 2803 | efg | 2348 | fg | 2368 | defg | 2921 | cde | 2005 | gh | 2489 | h |
Granite TT | 2500 | g | 2172 | fg | ||||||||
TT Gem | 2728 | 2473 | 2310 | 2918 | 2112 | 2533 | ||||||
Proef Gem | 3081 | 2989 | 2582 | 3278 | 2378 | 2885 | ||||||
kv | 8.85 | 6.53 | 11.04 | 0.38 | 5.48 | 180.29 | ||||||
kbv | 451.61 | 324.95 | 473.16 | 511.41 | 216.99 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Aspekte wat die keuse van canola cultivars vir 2017 kan beïnvloed
Inleiding
Belangrik: Die seisoen bepaal die spoed van fisiologiese ontwikkeling. Die Swartland en Suid-Kaap verskil gevolglik ook jaarliks. Wat belangrik is, cultivars behou meestal hul posisie ten opsigte van ander cultivars. Vinnige cultivars bly vinnig en stadige cultivars bly stadig.
In Tabel 1 word die cultivar-eienskappe van al die plaaslik getoetsde cultivars opgesom. Wanneer produsente 'n keuse maak is dit belangrik dat 'n paar eienskappe in gedagte gehou word, naamlik:
- Is die saad van die cultivar van u keuse beskikbaar?
- Is dit 'n beproefde cultivar (reeds voorheen in die nasionale cultivarproewe getoets)? Opbrengspotensiaal, opbrengs oor jare is opgesom in Tabel 2 en 3. Dit is die ideaal om na meer as een jaar se data te kyk. Vergelyk ook Swartland en Suid-Kaap resultate van die cultivar.
- Oopbestuifde of bastercultivars: Oopbestuifde cultivars is beperk tot ATR Gem TT. Die keuse van cultivars is dus hoofsaaklik uit die bastergroep. Hulle is meer groeikragtig en het 'n hoër opbrengs potensiaal (Tabel 2 en 3).
- Produsente moet vooraf deeglike beplanning doen en onkruid geskiedenis in ag neem alvorens op 'n cultivar besluit word. Chemiese onkruiddoderprogram word bepaal deur die tipe cultivar (konvensioneel, TT en CL).
- Fisiologiese ontwikkelingstempo en veral die aantal dae tot blom en tydperk van blom is belangrik. In die Rûens is daar soms vroeg vog beskikbaar en vinnige cultivars kan te vroeg gesaai word. In areas waar die reën normaalweg vroeg afsny, moet kort groeiseisoen cultivars verkieslik geplant word (Tabel 1; Diagram 1 en 2).
- Siektes:
- Dit word aanbeveel dat produsente in gebiede met 'n hoë swartstam risiko cultivars aanplant met goeie swartstamweerstand (Canolafokus 51). Dit word aanbeveel om cultivars met verskillende weerstandsgene af te wissel (Tabel 1).
- Sclerotinia is 'n siekte wat algemeen in die Rûens voorkom en geen cultivar het weerstand nie. Die siekte word ook al meer in die Swartland waargeneem en in sekere areas het dit reeds oesverlaging tot gevolg gehad. Die siekte moet dus bestuur word (Canolafokus 63).
Inligting en eienskappe van die cultivars word opgesom in Tabel 1. Die inligting sluit in dae tot blom en tydperk van blom. Die swartstam indeks word in twee kolomme verdeel. Die 2de kolom gee die swartstam indeks nadat saad met die saadbehandelingsmiddel Jockey® of Galmano behandel is. Die laaste kolom dui die weerstandsgene aan van die cultivars met die beste swartstamweerstand.
Die opbrengs vir 2011 tot 2016 word opgesom in Tabel 2 en 3. Dertien van die 15 cultivars in 2016 was vir twee of meer seisoene getoets.
In die Swartland het die konvensionele cultivar Diamond gevolg deur die CL-cultivar 44Y89 die hoogste gemiddelde die afgelope twee seisoene gelewer. Die TT-cultivar met die hoogste opbrengs vir 2015 en 2016 in die Swartland was Hyola 559 gevolg deur CB Atomic HT en Hyola 555 TT. Die cultivars wat die beste vaar oor drie seisoene in hul onderskeie groepe was Belinda (konvensioneel), 44Y89 (Cl) en CB Atomic (TT).
In die Rûens het die konvensionele cultivar Diamond gevolg deur die CL-cultivar 45Y88 die hoogste gemiddelde die afgelope twee seisoene gelewer. Die TT-cultivar met die hoogste opbrengs vir 2015 en 2016 in die Rûens was CB Atomic HT gevolg deur Hyola 555 TT. Die cultivars wat die beste vaar oor drie seisoene in hul onderskeie groepe was Belinda (konvensioneel), 45Y88 (CL) en CB Atomic (TT).
Cultivar | Tipe | Jaar 1ste toets | Dae tot blom: Rûens |
Dae tot blom: Swartland |
Groeiperiode: Dae tot blom |
Dae tot einde van blom (Lang.) |
Fisiologies ryp (Lang.) |
Swartstam indeks# | Swart- stam indeks + Jockey# |
Swartstam weer- standsgroep# |
||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
CB Agamax | Baster | Konv. | Agricol | 2008 | 93 | 96 | med. vroeg | vroeg | vroeg | mv¹ | mw¹ | AB |
AV Garnet | Oopbestuif | Konv. | Agricol | 2008 | (2013) | (2013) | med. | med. | med. | mw | w-mw² | A |
Hyola 50 | Baster | Konv. | K2 Seed | 2009 | 99 | 99 | med. laat | laat | med. | w | w³ | AD |
CB Tango | Baster | Konv. | Agricol | 2013 | 86 | 89 | vroeg | vroeg | vroeg | mv¹ | mw¹ | B |
Belinda | Baster | Konv. | Bayer | 2014 | 94 | 96 | med. vroeg | med. | med. | ? | w³ | ? |
Diamond | Baster | Konv. | Agricol | 2015 | 83 | 85 | vroeg | vroeg | vroeg | w-mw | w-mw² | ABF |
CHYB2644 | Baster | Konv. | Agricol | 2016 | 95 | 91 | med. vroeg | vroeg | vroeg | ? | w | ? |
Hyola 575 CL | Baster | CL | K2 Seed | 2011 | 90 | 93 | med. vroeg | vroeg | med. | w | w² | BF |
44Y84 CL | Baster | CL | Pioneer | 2011 | 99 | 99 | med. laat | med. | med. | mv¹ | mw¹ | A |
43Y85 CL | Baster | CL | Pioneer | 2012 | 95 | 95 | med. vroeg | med. | vroeg | mw¹ | w-mw¹ | A |
44Y87 CL | Baster | CL | Pioneer | 2013 | 99 | 102 | laat | laat | laat | mw² | w-mw² | A |
45Y88 CL | Baster | CL | Pioneer | 2013 | 100 | 103 | laat | laat | laat | mw | w | A |
44Y89 CL | Baster | CL | Pioneer | 2014 | 93 | 97 | med. vroeg | med. | med. | w-mw | w | BC |
Hyola 577CL | Baster | CL | Barenbr. | 2014 | 102 | 103 | laat | laat | laat | w | w² | B |
44Y90 CL | Baster | CL | Pioneer | 2016 | 97 | 94 | med. | vroeg | med. | w-mw | w | B |
45Y91 CL | Baster | CL | Pioneer | 2016 | 99 | 99 | med. laat | laat | laat | w-mw | w | B |
Granite TT | Baster | TT | Agricol | 2015 | 96 | 100 | med. | med. | med. | mw-mv | w-mw | AB |
ATR Gem TT | Oopbestuif | TT | Agricol | 2013 | med.² | laat² | med.² | mw-mv | w-mw² | A | ||
CB Atomic HT | Baster | TT | Agricol | 2013 | 97 | 96 | med. | med. | med. | mv² | mw² | AB |
Hyola 555 TT | Baster | TT | K2 Seed | 2011 | 92 | 95 | med. vroeg | vroeg | vroeg | mw¹ | ww¹ | D |
Hyola 559 TT | Baster | TT | Barenbr. | 2014 | 95 | 98 | med. | med. | med. | w | w² | ABD |
w = weerstand | mw = matige weerstand | mv = matig vatbaar | v = vatbaar
# Data verkry vanuit Australië in "Blackleg Management Guide Fact Sheet – Western and Southern Regions".
Swartland swartstamdata (³) is gebruik waar geen ander data beskikbaar is nie.
Waar data ontbreek is 2014 (¹), 2015 (²) of Swartlanddata (³) gebruik.
Cultivars wat kommersieël beskikbaar is in Australië is groen gemerk.
2011 | 2012 | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | 2014-2016 | 2015-2016 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond* | 1721 | 3120 | 1 | 2420 | 1 | ||||||
Belinda* | 2826 | 1420 | 2798 | 5 | 2348 | 1 | 2109 | 5 | |||
CB Tango* | 1797 | 2311 | 1519 | 2858 | 2 | 2230 | 4 | 2189 | 2 | ||
Hyola 50* | 2027 | 2948 | 2316 | 2787 | 1402 | 2828 | 4 | 2339 | 2 | 2115 | 4 |
Agamax* | 2231 | 2487 | 2127 | 2630 | 1441 | 2829 | 3 | 2300 | 3 | 2135 | 3 |
Konv. Gem. | 2129 | 2718 | 2080 | 2639 | 1501 | 2887 | |||||
44Y90* | 2936 | 2 | |||||||||
45Y91* | 3038 | 1 | |||||||||
Hyola 577 CL* | 2684 | 1201 | 2505 | 7 | 2130 | 5 | 1853 | 5 | |||
44Y89 | 2699 | 1643 | 2901 | 3 | 2415 | 1 | 2272 | 1 | |||
44Y87* | 2492 | 2864 | 1238 | 2677 | 5 | 2260 | 3 | 1957 | 4 | ||
45Y88* | 2242 | 2785 | 1155 | 2853 | 4 | 2264 | 2 | 2004 | 2 | ||
Hyola 575 CL* | 2024 | 2850 | 2304 | 2509 | 1339 | 2660 | 6 | 2169 | 4 | 1999 | 3 |
43Y85* | 2408 | 2052 | 2353 | ||||||||
44Y84* | 2342 | 2169 | 2403 | 8 | |||||||
CL Gem. | 2024 | 2533 | 2252 | 2649 | 1315 | 2666 | |||||
Granite TT* | 1199 | ||||||||||
Hyola 559 TT | 2158 | 1273 | 2520 | 1 | 1715 | 2 | 1897 | 1 | |||
CB Atomic HT* | 1655 | 2322 | 1223 | 2505 | 3 | 1733 | 1 | 1864 | 2 | ||
ATR Gem | 1545 | 2111 | 896 | ||||||||
Hyola 555 TT* | 1879 | 2392 | 1724 | 1131 | 2510 | 2 | 1821 | 3 | |||
TT Gem. | 1879 | 2392 | 1641 | 2197 | 1144 | 2512 |
Cultivars gemerk met *, is bastercultivars.
2011 | 2012 | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | 2014-2016 | 2015-2016 | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond* | 2155 | 3305 | 1 | 2730 | 1 | ||||||
Belinda* | 2676 | 2278 | 3207 | 2 | 2720 | 1 | 2742 | 2 | |||
CB Tango* | 2735 | 1989 | 1859 | 2658 | 4 | 2169 | 4 | 2259 | 5 | ||
Hyola 50* | 2640 | 3193 | 3423 | 2583 | 1950 | 2635 | 5 | 2390 | 2 | 2293 | 4 |
Agamax* | 2393 | 2560 | 2831 | 2283 | 1939 | 2948 | 3 | 2390 | 2 | 2444 | 3 |
Konv. Gem. | 2517 | 2877 | 2996 | 2383 | 2036 | 2951 | |||||
44Y90* | 3210 | 2 | |||||||||
45Y91* | 3368 | 1 | |||||||||
Hyola 577 CL* | 2017 | 2389 | 2109 | 2791 | 6 | 2429 | 4 | 2450 | 3 | ||
44Y89* | 2484 | 2241 | 3156 | 3 | 2627 | 2 | 2698 | 2 | |||
44Y87* | 3412 | 2311 | 2103 | 2730 | 7 | 2381 | 5 | 2416 | 5 | ||
45Y88* | 3805 | 2591 | 2346 | 3100 | 4 | 2679 | 1 | 2723 | 1 | ||
Hyola 575 CL* | 2756 | 3024 | 3531 | 2463 | 2079 | 2793 | 5 | 2445 | 3 | 2436 | 4 |
43Y85* | 2462 | 2901 | 2092 | ||||||||
44Y84* | 2824 | 3021 | 2667 | 8 | |||||||
CL Gem. | 2756 | 2770 | 3114 | 2388 | 2175 | 2873 | |||||
Granite TT* | 1697 | ||||||||||
Hyola 559 TT | 2263 | 1620 | 2489 | 3 | 2124 | 2 | 2055 | 3 | |||
CB Atomic HT* | 2669 | 2200 | 1800 | 2592 | 1 | 2197 | 1 | 2196 | 1 | ||
ATR Gem | 2610 | 1899 | 1473 | ||||||||
Hyola 555 TT* | 2174 | 2553 | 3083 | 1754 | 2517 | 2 | 2135 | 2 | |||
TT Gem. | 2174 | 2553 | 2787 | 2121 | 1669 | 2533 |
Cultivars gemerk met *, is bastercultivars.
Enquiries
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation