OPDT   OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST
OAC   OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE

OPDT
OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST

OAC
OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE


Canolafokus 119   Desember 2024

Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2024

PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Inleiding

Gedurende 2024 is daar by vyf lokaliteite in beide die Swartland en Suid-Kaap proewe aangeplant. Op Langgewens en Tygerhoek Navorsingsplase is twee saaidatumproewe, asook Elite-proef aangeplant. Al die proewe in die 2024-seisoen in die Suid-Kaap is geoes. In die Swartland het die proewe by Eendekuil, Hopefield en Philadelphia skade opgedoen weens onderskeidelik snywurms, ystervarke en chemiese "drift". Daar is 'n totaal van 18 cultivars getoets. Die cultivars het bestaan uit drie konvensionele, agt Cl (Clearfield, Imasamoks-tolerant), vyf van die TT-groep (Triasien-tolerant) en daar is ook kombinasietipe cultivars ingesluit, wat oor beide die Cl- en TT-toleransie beskik (Defender CT en PY520 TC). In 2024 is vier nuwe cultivars getoets en alle cultivars was, soos die afgelope paar seisoene, bastercultivars.

Klimaat

Die 2024-seisoen op Langgewens is gekenmerk deur 'n baie droë periode tot 2 Junie (Figuur 1). In Julie is byna 200% meer reënval as die langtermyn gemiddelde ontvang. Augustus het ook meer reën as die langtermyngemiddelde ontvang, hoewel net 10.2 mm meer, en September en Oktober was weer baie droog. Die enigste goeie reënval wat in September voorgekom het, was op 28-30 September (17.8mm). Die totale reënval gedurende die groeiseisoen vir 2024 was 360mm en dit was 30mm meer as die langtermyn gemiddelde. Die reënval teen einde September was van onskatbare waarde en het die opbrengs verhoog en potensiële oesdatum later geskuif.

Gedurende Julie was die gemiddelde maksimum temperatuur 2.6ºC minder as die langtermyn gemiddelde. Dit word toegeskryf aan bewolkte weer weens die 19 dae wat reënval van ≥1 mm aangeteken is (Figuur 2). Hoewel die maksimum temperature van April tot Junie bogemiddeld was, was die minimum en maksimum temperatuur sedert Julie laer as die langtermyn gemiddeld. Augustus en September is baie belangrike maande vir canola, aangesien dit die blom- en saadvulperiode is. Die tweede saaidatumproef op Langgewens het meer dae in 2024 geneem om te begin blom en dit word toegeskryf aan die hoër temperature na plant, as wat by die 1ste aanplanting die geval was.

Die maksimum- en minimum temperatuur was laer as die langtermyn gemiddelde in Augustus en September, en het dus gelei tot die later oesdatum. Dit bevestig die belangrikheid van lae temperature tydens die saadvulperiode. 'n Langer groeiseisoen bevoordeel veral medium- tot stadige cultivars. Die bogemiddelde temperature tydens Oktober was nie gunstig vir laat aanplantings of vir laat cultivars nie. Die produsente in die Swartland het 'n ondergemiddelde oes gehad weens die nat Julie en droë einde van die seisoen.

Figuur 1: Maandelikse reënval vir 2023 en die langtermyntotaal (sedert 1964) by Langgewens
Figuur 1 met maandelikse reënval vir 2024 en die langtermyntotaal sedert 1964 by Langgewens
Figuur 2: Die 2024 maandelikse minimum en maksimum temperature sowel as die langtermyn temperature (sedert 1964), by Langgewens
Figuur 2 met 2024 maandelikse minimum en maksimum temperature sowel as die langtermyntemperature sedert 1964 by Langgewens

Op Tygerhoek, in die Suid-Kaap, was die reënval gedurende die 2024-groeiseisoen 86mm meer as die langtermyngemiddelde (314mm) (Figuur 3). Julie was die 4de natste aangetekende Julie in die geskiedenis met 102.6mm reënval. Met die uitsondering van Mei, wat onder gemiddelde reënval ontvang het, was die ander maande naby of beter as die langtermyn gemiddelde.

Figuur 3: Maandelikse reënval vir 2024 sowel as langtermyntotaal (sedert 1966) by Tygerhoek
Figuur 3 met maandelikse reënval vir 2024 sowel as langtermyntotaal (sedert 1966) by Tygerhoek

By Tygerhoek het bo-gemiddelde warm maksimum temperature (>2.5ºC bokant die langtermyngemiddelde) tydens Mei voorgekom. Die minimum temperature tydens Julie tot September was ondergemiddeld. Die minimum en maksimmum temperatuur was onderskeidelik <1ºC en 1.6ºC laer as die gemiddelde vir Julie. Die minimum temperatuur tydens Augustus en September was <1ºC en 1.6ºC laer as die langtermyn gemiddelde.

Figuur 4: Die 2024 maandelikse minimum en maksimum temperature sowel as die langtermyn temperature (sedert 1964) by Tygerhoek
Figuur 4 met 2024 maandelikse minimum en maksimum temperature sowel as die langtermyn temperature sedert 1964 by Tygerhoek

Resultate

Die opbrengsresultate vir die Swartland is opgesom in Tabel 1 en Figuur 2. Die Clearfield (Cl)- en Triasien tolerante (TT) cultivars se data is geskei van die konvensionele cultivars. Die CT- en TC-cultivars is by die TT-cultivars ingedeel. Die Swartlandproewe is gedurende die afgelope seisoen blootgestel aan baie nat omstandighede, hoofsaaklik gedurende Juliemaand. Min tot geen Sclerotinia is waargeneem in die cultivarproewe en in die kommersiële produksies in die Swartland nie. Die oesseisoen was laat in die Swartland, as gevolg van die laat aanvang van die seisoen (2 Julie) en die nat en koue seisoen.

Swartland

In die Swartland het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel tussen 3273 kg ha-1 (Langgewens 1ste saaidatum) en 2427 kg ha-1 by die 2de saaidatum. Die proewe, met die uitsondering van Langgewens se 2de saaidatum het na 2 Junie begin ontkiem. Die tweede proef by Langgewens is in voldoende grondvog aangeplant op 13 Junie. Die konvensionele cultivar CC90014 (2988 kg ha-1) het, soos in 2022 en 2023, gemiddeld die hoogste opbrengs gelewer, gevolg deur die cultivars Quartz (2925 kg ha-1) en Diamond (2811 kg ha-1). Die drie cultivars se opbrengste het nie statisties betekenisvol van mekaar verskil nie.

Agt Cl-cultivars is in 2024 getoets, PY421C Cl (3071 kg ha-1) het soos in 2023 die hoogste opbrengs binne die groep gelewer (45Y95 se opbrengs ontbreek by Pools en is dus nie ingesluit vir die Swartland plasing nie). Die Cl-cultivar 45Y95 (langer groeier) het goeie opbrengs op Langgewens gelewer en het nie betekenisvol van die beste cultivars op Langgewens verskil nie. Die Cl-cultivar 44Y94 (3004 kg ha-1) was die naasbeste, gevolg deur PY327C, Solstice Cl en Continuum Cl. Bogenoemde vier cultivars se opbrengs het nie statisties betekenisvol van mekaar verskil nie.

Die 2024-groeiseisoen het baie laat geëindig weens laat reënval en lae temperature gedurende September. Twee van die cultivars wat as vroeg geklassifiseer word, naamlik Diamond en Ceres Cl, kon moontlik soos in 2023 nie die verlengde groeiperiode ten volle benut nie. Die saadopbrengs van cultivars wat langer periode groei word tydens lang groeiseisoene bevoordeel.

Binne die TT-groep, wat CT/TC-cultivars insluit, het Alpha TT, PY520 CT, Blazer TT en HyTTec Trifecta die hoogste opbrengste (onderskeidelik 2767 kg ha-1, 2610 kg ha-1 , 2665 kg ha-1 en 2512 kg ha-1) gelewer. Die 4 cultivars het nie statisties betekenisvol van mekaar verskil nie. Die gemiddelde opbrengs van die TT-cultivars was 12% laer as die konvensionele- en Cl-cultivars terwyl dit onderskeidelik 13% en 18% laer was in 2023.

Tabel 1: Swartland opbrengs vir 2024 (kg ha-1)
Plantdatum word bereken vanaf die eerste betekenisvolle reën op 2 Junie 2024
Langgewens 1 Langgewens 2 Pools Swartland
Diamond 3255 abcd 2506 abc 2672 cd 2811 bcdef
Quartz 3525 abc 2491 abc 2760 bc 2925 abcde
CC90014 3294 abcd 2767 a 2902 abc 2988 abcd
Konv. Gemiddeld 3358 2588 2778 2908
44Y94 3782 a 2617 ab 2614 cd 3004 abc
45Y95 3407 abcd 2763 a 3085 a
PY421C Cl 3782 a 2394 abc 3037 ab 3071 ab
Solstice Cl 3275 abcd 2337 abc 3167 a 2926 abcde
Ceres Cl 3057 bcd 2272 bc 2847 bc 2725 efgh
Continuum Cl 3189 bcd 2786 a 2867 abc 2947 abcde
Equinox Cl 3135 bcd 2277 bc 2812 bc 2741 defg
PY327C Cl 3616 ab 2499 abc 2769 bc 2961 abcde
Cl-gemiddeld 3405 2493 2873 2933
Alpha TT 3502 abc 2090 c 2707 c 2767 cdefg
Blazer TT 3145 bcd 2156 c 2394 de 2565 fghi
HyTTec Trophy 3056 bcd 2090 c 2285 ef 2477 hi
HyTTec Trifecta 2917 d 2445 abc 2175 ef 2512 ghi
PY429TT 2913 d 2277 bc 2134 ef 2441 i
Defender CT 2023 cd 2249 bc 2006 f 2426 i
PY520 TC 3046 cd 2678 ab 2106 ef 2610 fghi
TT-gemiddeld 3086 2284 2258 2543
Gemiddeld 3266 2402 2586 2762
kbv 10.34 11.33 7.08 9.92
kv 561.67 456.42 306.71 260.74

Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.

Figuur 5: Swartland opbrengste vir 2024 (kg ha-1)
Figuur 5 met Swartland opbrengste vir 2024

Suid-Kaap

In die Rûens (Figuur 2 en Tabel 2) was die proefgemiddeldes by Klipdale die beste (4173 kg ha-1), gevolg deur Riversdal en Roodebloem. Die gemiddelde proefopbrengs was 3274 kg ha-1, teenoor 3204 kg ha-1(2023), 2124 kg ha-1 (2022) en 3271 kg ha-1 in 2021.

Die Suid-Kaap het ook 'n nat en koue Julie, soos in die Swartland, gehad. Dit het 'n uitdaging met onkruidbeheer- en bemestingbestuur geskep, maar nogtans was die opbrengs baie goed. Die konvensionele cultivar CC90014 (3513 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die konvensionele groep gelewer. Quartz was 2de met 3472 kg ha-1, gevolg deur Diamond. Daar was geen statisties betekenisvolle verskil tussen die drie cultivars nie.

Die CL-cultivar 44Y94 (3766 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die groep gelewer. Die Cl-cultivar PY327C Cl het die tweede hoogste opbrengs (3754 kg ha-1) gelewer, gevolg deur PY421C CL (3701 kg ha-1) en 45Y95 (3656 kg ha-1). Bogenoemde vier cultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil nie.

Soos in die Swartland, kon twee van die cultivars wat as vroeg geklassifiseer word, Diamond en Ceres Cl, moontlik nie die verlengde groeiperiode ten volle benut nie. Die opbrengs van cultivars wat vir langer periodes groei, word tydens sulke seisoene bevoordeel.

Die TT-cultivar HyTTec Trophy (3197 kg ha-1), gevolg deur die kombinasiecultivar PY520 CT (3177 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die TT-groep gelewer. Hulle is gevolg deur die Alpha TT, Blazer TT en HyTTec Trifecta, almal bo 3031 kg ha-1. Slegs Defender CT se opbrengs was statisties betekenisvol laer as HyTTec Trophy.

Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was onderskeidelik 11% en 12% laer as die konvensionele- en Cl-cultivars. In 2023 was die verskil in die Suid-Kaap, onderskeidelik 8% en 17%. Die Cl-groep het meer cultivars met langer groeiseisoene as die konvensionele groep, met die gevolg dat die opbrengs deur die lang saadvulperiode in 2023 voordelig beïnvloed is.

Tabel 2: Suid-Kaap saadopbrengste vir 2024 (kg ha-1)
Tygerhoek 1 Tygerhoek 2 Riversdal Klipdale Napier Roodebloem Suid-Kaap
22 April 30 April 23 April 25 April 25 April 2 Mei
Diamond
3409 abcd 2850 abc 3399 cdefg 3999 efg 3213 abcd 3144.3 cdef 3336 de
Quartz
3390 abcd 3022 ab 3848 abc 4452 bcde 3007 abcde 3109.3 cdef 3472 cd
CC90014
3479 abc 2771 abcd 3771 abcd 4720 abc 2901 bcde 3436.7 abcde 3513 bcd
Konv. Gemiddeld
3426 2881 3673 4390 3040 3230 3440
44Y94
3229 bcde 2867 abc 4225 a 4988 a 3491 a 3797.7 ab 3766 a
45Y95
3887 a 3035 a 3704 abcde 4873 ab 3360 abc 3076.0 cdef 3656 abc
PY421C CL
3558 ab 2845 abc 4026 ab 4640 abc 3536 a 3597.7 abc 3701 ab
Solstice CL
2976 bcdef 2771 abcd 3619 bcdef 4483 bcde 2724 de 3458.3 abcd 3339 de
Ceres CL
2714 ef 2905 abc 2853 gh 3346 h 3096 abcd 3397.0 abcde 3035 fg
PY327C CL
3477 abc 3196 a 4074 ab 4412 bcdef 3427 ab 3939.3 a 3754 ab
CL-gemiddeld
3246 2827 3661 4396 3144 3436 3441
Alpha TT
3127 bcde 2595 bcde 3047 fgh 4496 bcd 2726 de 2684.0 f 3113 f
Blazer TT
3099 bcde 2408 de 3143 efgh 3939 fg 2740 de 3180.7 cdef 3085 f
HyTTec Trophy
2883 cdef 2529 cde 3264 defg 4273 cdef 3047 abcde 3188.3 cdef 3197 ef
HyTTec Trifecta
2809 def 2231 e 3386 cdefg 4023 defg 2817 cde 2922.7 def 3032 fg
PY429TT
2419 f 2334 e 3270 defg 4430 bcde 2531 e 2966.0 def 2992 fg
Defender CT
2763 ef 2220 e 2595 h 3612 gh 2871 bcde 2863.0 ef 2821 g
PY520 TC
3170 bcde 2480 cde 3381 cdefg 4435 bcde 2812 cde 2783.0 f 3177 ef
TT-gemiddeld
2896 2400 3155 4173 2792 2941 3059
GEMIDDELD
3093 2640 3440 4298 2990 3220 3274
kbv
11.79 9.81 9.96 6.64 11.32 10.91 9.96
kv
614.3 434.4 572.7 490.8 561.7 580.8 216.3

Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.

Figuur 6: Suid-Kaap opbrengste vir 2024 (kg ha-1)
Figuur 6 met Suid-Kaap saadopbrengste vir 2024

Gevolgtrekking

Canola as gewas het in 2024 weereens sy aanpasbaarheid by plaaslike klimaatsomstandighede bewys. Die nat toestande kort na saaityd (Julie) in die Swartland was baie nadelig vir die onkruid- en plantvoedingbestuur. Die seisoen in die Swartland het laat begin en was baie nat en koud in die winter, opgevolg deur 'n droë Septembermaand. Baie aanplantings in die Swartland het nie goeie opbrengste gelewer nie, weens die uitdagings van die natuur.


Cultivarkeuse en opsies vir 2025

PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

BELANGRIK: In die afgelope 2024 seisoen het ons gesien watter positiewe invloed klimaat op produksie kan hê in die Suid-Kaap. Dit staan in skrille kontras met die Swartland, waar die seisoen laat begin het en dit baie nat en koud was gedurende Julie, gevolg deur 'n droë September. Dit is onmoontlik om voorsiening te maak vir sulke klimaatuiterstes. Nogtans is goed aangepaste cultivars noodsaaklik vir sukses.

Die keuse van 'n cultivar berus altyd op 'n paar faktore, naamlik:

  1. Beskikbaarheid van saad

    Sien punt 7.

  2. Opbrengspotensiaal

    Sien tabel 1 en 2.

  3. Onkruidbestuur

    Onkruidweerstand het tot gevolg dat veral TT-tipe cultivars oorweeg word en nou is TC- & CT-tipe cultivars ook beskikbaar.

    Belangrik: kombinasietipe cultivars wat oor beide die Cl- en TT-toleransie beskik (CT of TC soos deur die maatskappye genoem word) se opbrengspotensiaal moet vergelyk word met die TT-tipe cultivars. Die TT-geen in canolaplante beïnvloed die opbrengs negatief en gevolglik is TT se opbrengs gewoonlik laer as die van konvensionele en Cl-cultivars.

  4. Fisiologiese ontwikkelingstempo

    Die beginsel van "Horses for courses" geld hier. Cultivars met 'n langer groeiperiode moet verkieslik in areas geplant word wat langer koel en nat bly. Die 2023 en 2024 seisoene het die langer cultivars bevoordeel.

  5. Swartstamweerstand

    Wissel cultivars af na twee seisoene waar dieselfde cultivar geplant is en probeer weerstandsgene afwissel.

  6. Sclerotinia is teenwoordig in die saaigebiede van die Wes-Kaap (veral die Over­berg / Suid-Kaap areas)

    In 2024 is gevind dat die siekte wyd verspreid in die Overberg/Suid-Kaap areas voorgekom het. Anders as in 2023 was daar 'n lae tot geen siektedruk in die Swartland. Cultivars wat vroeg blom kan meer blootgestel word aan Sclerotinia siektedruk.

  7. Beskikbaarheid van saad

    Geen van bogenoemde besluite is moontlik, indien daar nie saad beskikbaar is nie. Al die risiko's verbonde aan plaassaad (teruggehoude saad) is baie hoog.

  8. Opbrengsverlaging is een van die risiko's

    Op Langgewens in 2022 en 2023 was die gemiddelde opbrengsverlaging 10 tot 13% as plaassaad geplant is teenoor kommersiële saad.

    Belangrik is dat die saad 'n swambespuiting op 5-blaarstadium gekry het.

  9. 'n Opsomming van cultivareienskappe word in Tabel 1 weergegee, terwyl die periode tot blom per cultivar in Tabel 2 geïllustreer word. Inligting rakende Swartstamweerstandsgene is afkomstig van Australië. Die weerstandsindeks is ook van Australië en kan slegs as 'n riglyn dien, aangesien plaaslike omstandighede verskil van dié in Australië. Die plaaslike resultate sal in 'n volgende Canolafokus verkyn.

    In Tabel 3 en 4 word die cultivars oor seisoene met mekaar vergelyk. Alle opbrengste is uitgedruk as persentasie van die proefgemiddelde. In die Swartland het die konvensionele cultivar, CC90014, die beste gevaar (+13%) oor die afgelope twee seisoene (Tabel 3). Diamond en Quartz het gemiddeld in 2023 en 2024 onderskeidelik 5% (Diamond) en 4% (Quartz) beter gevaar as die proefgemiddelde.

    Vyf Cl-cultivars was in 2023 en 2024 in die cultivarproewe getoets. Die cultivar PY421C Cl het die hoogste opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer, 13% hoër as die proefgemiddeld. Die cultivar 45Y95 het die 2de hoogste opbrengs gelewer met 12% meer as die proefgemiddeld, gevolg deur 44Y94 met 8%.

    Die TT-cultivar PY520 TC was die beste TT-cultivar oor die afgelope twee seisoene in die Swartland (6% laer as die proefgemiddeld) gevolg deur HyTTec Trifecta. Die cultivar Alpha TT was 3de en Blazer TT 4de.

    In die Suid-Kaap het die konvensionele cultivar Quartz die afgelope 2 jaar die beste opbrengs gehandhaaf (9% meer as die proefgemiddeld). CC90014 was die 2de beste cultivar, met 7% beter as die proefgemiddeld. Diamond was gemiddeld die 3de beste produseerder in die konvensionele groep vir die 2023 en 2024 seisoene.

    Die cultivar 45Y95 het die hoogste opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer, 18% hoër as die proefgemiddelde. Die cultivars 44Y94 en PY421C was onderskeidelik 16% en 11% beter.

    Die cultivar PY520 TC was gemiddeld die beste TT-cultivar oor die afgelope twee seisoene in die Suid-Kaap (1% laer as die proefgemiddelde). Die cultivars HyTTec Trifecta en HyTTec Trophy was onderskeidelik 2de en 3de geplaas, met opbrengs 3% en 4% laer (2023 en 2024).

    Tabel 1: Opsomming van cultivareienskappe – 2024
    Cultivar Tipe 1ste
    jaar
    getoets
    Groei­periode:
    dae tot blom
    Tygerh.
    Langg.
    Dae tot einde
    van blom
    Lang­gewens
    Op-
    brengs
    Swartl. &
    Langg.L
    2023-
    2024
    Op-
    brengs
    Rûens
    2023-
    2024
    Australiese Swartstam indeks Weer-
    stands-
    groep
    Pit-
    vast-
    heid
    Onbeh. Saltro®
    ILeVo®
    Upper Canopy
    Diamond Konv. Agricol 2015 Vroeg Vr 105 98 w-mw24 w2023(si) mw24 ABF mw-w*
    Quartz Konv. Agricol 2018 Med. vroeg Mv 104 109 w-mw24 mw24 ABD mw-w*
    CC90014 Konv Advanta 2022 Med. vroeg Mv 113 107 ADFH
    44Y94 CL Pioneer 2021 Medium M 108 116 w-mw24 w2024(s) mw24 BC 8P
    45Y95 CL Pioneer 2022 Laat L 112L 118 w-mw24 w2024(s) mw24 C 7P
    PY421C Cl CL Pioneer 2023 Med. vroeg Mv 113 111 w-mw24 w2024(s) mw24 A 8P
    Solstice Cl CL Advanta 2023 Med. vroeg Vr 108 104 w24 w2024(s) w24 ADFH 8a
    Ceres Cl CL Agricol 2023 Vroeg Vr 103 94 w-mw24 AD V*
    Equinox Cl CL Advanta 2024 Med. vroeg Mv 9924 9524 w23 ADF 8a
    Continuum Cl CL Advanta 2024 Med. vroeg Vr 10724 9524 w24 w2024(s) w24 ADF
    PY327C Cl CL Pioneer 2024 Med. vroeg Vr 10724 11424 7P
    Alpha TT TT Agricol 2017 Med. vroeg Mv 95 92 mv–mw18 w2018(j) BF
    Blazer TT TT Advanta 2021 Med. vroeg M 92 92 w-mw24 w2024(s) mw24 ADF 8a
    HyTTec Trophy TT Agricol 2022 Med. vroeg Mv 93 96 w24 w2024(s) mw24 AD V*
    HyTTec Trifecta TT Agricol 2022 Medium M 94 97 w24 w2024(s) mw24 ABD V*
    PY429C TT TT Pioneer 2024 Medium M 9124 91 7P
    HyTTec Velocity TT Agricol Elite23,24 Vroeg Vr 90eLg&Th24 90eLg&Th24 mw24 mw24 AB mv-v*
    Enforcer CT CT Advanta 2022 Medium M 77eLg&Th24 77eLg&Th24 w24 mw24 ADF 8a
    Defender CT CT Advanta 2023 Med. vroeg M 90 90 w24 w2024(s) mw24 ADF
    PY520 TC TC Pioneer 2023 Laat L 96 99 mw24 w2024(s) mw24 BC 8P

    Vr: vroeg  |  V-M: vroeg tot medium  |  M: medium  |  L: laat
    eLg&Th24: Elite Langgewens en Tygerhoek gemiddeld 2024.
    P = Pioneer Aust. Inligting, * = Nuseed Aust. Inligting, a = Advanta Aust. Inligting. Inligting: LW elke maatskappy gebruik sy eie skaal om te evalueer.

    Alle swartstam weerstand en eienskappe soos aangedui is afkomstig uit Australië, w = wwerstand, mw = matige weerstand.

    Tabel 2: Cultivar ingedeel volgens spoed van ontwikkeling (indeling is gedoen volgens 2024 data op Langgewens en Tygerhoek)

    Canola cultivars 2024 (dae tot blom)
    Tabel 2 met cultivar ingedeel volgens spoed van ontwikkeling (indeling is gedoen volgens 22024 data op Langgewens en Tygerhoek)
    Tabel 3: Swartlandopbrengste uitgedruk as persentasie van die proefgemiddeldes vir 2022 tot 2024
    2022 2023 2024* 2024 Plasing 2022-24
    (3-jaar)
    Plasing 2023-2024
    (2-jaar)
    Plasing
    Diamond 112 107 102 3 107 2 105 2
    Quartz 103 103 105 2 104 3 104 3
    Hyola 90014 117 116 109 1 114 1 113 1
    Konv. Gem. 111 109 105 108 107
    44Y94 112 108 108 3 109 1 108 3
    45Y95 98 113 109* 2 107 2 112 2
    PY421C Cl 115 110 1 113 1
    Solstice Cl 109 106 6 108 4
    Ceres Cl 107 99 8 103 5
    Continuum CL 107 5
    Equinox CL 99 7
    PY327C CL 107 4
    Cl Gem. 105 110 105 108 109
    Alpha TT 97 91 99 5 96 3 95 2
    Blazer TT 95 91 92 6 93 4 92 6
    HyTTec Trophy 103 96 89 3 96 1 93 4
    HyTTec Trifecta 98 97 91 2 95 2 94 3
    PY429TT 88 8
    Defender CT 93 87 4 90 5
    PY520 TC 97 95 1 96 1
    TT Gem. 98 94 92 95 93

    Gevolgtrekking

    Die groeiseisoenlengte is baie belangrik in die Wes-Kaap met ons kort groeiseisoene. Die afgelope twee seisoene was in baie areas later as normaal geoes. Sulke langer seisoene bevoordeel die langer groeiers. Gevolglik is die stabiliteit van opbrengs oor groeiseisoene en areas baie belangrik in die maak van 'n cultivarkeuse.

    Tabel 4: Rûens saadopbrengste uitgedruk as persentasie van die proefgemiddeldes vir 2021 tot 2022
    2022 2023 2024 Plasing 2022-24
    (3-jaar)
    Plasing 2023-24
    (2-jaar)
    Plasing
    Diamond 111 95 101 3 102 3 98 3
    Quartz 106 113 105 2 108 2 109 1
    CC90014 116 108 107 1 110 1 107 2
    Konv. Gem. 111 105 104 107 105
    44Y94 105 117 114 1 112 1 116 2
    45Y95 100 124 111 4 112 2 118 1
    PY421C Cl 110 112 3 111 3
    Solstice Cl 107 101 5 104 4
    Ceres Cl 96 92 8 94 5
    Continuum Cl 95 6
    Equinox Cl 95 7
    PY327C Cl 114 2
    Cl Gem. 102 111 105 112 109
    Alpha TT 103 90 95 3 96 1 92 4
    Blazer TT 97 91 94 4 94 3 92 4
    HyTTec Trophy 97 94 97 1 96 2 96 3
    HyTTec Trifecta 87 101 92 5 93 4 97 2
    PY429TT 91 6
    Defender CT 95 86 7 90 5
    PY520 TC 101 96 2 99 1
    TT Gem. 96 95 93 95 93

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. piet.lombard@westerncape.gov.za

Editors

PJA Lombard   J Bruwer   Franco le Roux

Sponsored by the Protein Research Foundation


Subscribe to this newsletter