Canolafokus 108 Desember 2022
Artikel indeks
Canola cultivarevaluasie 2022
Cultivarkeuse en opsies vir 2023
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2022
Inleiding
Gedurende 2022 is die aantal proewe in die Swartland en Suid-Kaap na vyf lokaliteite vermeerder, maar met slegs ses proewe per gebied. Op Langgewens en Tygerhoek Navorsingsplase is twee saaidatumproewe aangeplant, asook 'n Elite-proef op albei lokaliteite. Al die proewe in die 2022-seisoen is geoes. In die 2022 cultivarevaluasieprogram is 'n totaal van 17 cultivars, teenoor 13 in 2021, getoets. Die cultivars het bestaan uit vyf konvensionele, vier Cl (Clearfield, Imasamoks-tolerant), agt van die TT-groep (Triasien-tolerant) en vir die tweede keer is 'n kombinasietipe cultivar ingesluit in die proewe wat oor beide die Cl- en TT-toleransie beskik (Enforcer CT). In 2022 is agt nuwe cultivars getoets en alle cultivars was, soos die afgelope paar seisoene, bastercultivars.
Klimaat
Die 2022-seisoen op Langgewens was die 4de droogste seisoen sedert 1964 (Figuur 1). Die reënval gedurende al die maande van die groeiseisoen was ondergemiddeld. Die temperature was ook hoër as gedurende 2021, hoewel die gemiddelde minimum 0.9°C laer was as die langtermyngemiddelde (Figuur 2). Canolaplante is baie gevoelig vir hoë temperature tydens die periode vanaf blom (Julie) tot met die einde van saadvul.
Die opbrengs van die vroeër plantdatum op Langgewens was net meer as 'n 1000 kg ha-1 laer (3683 kg ha-1) as in 2021. Die saad het eers na die eerste betekenisvolle reën op 29 Mei ontkiem. In 2021 het die proef op 15 Mei ontkiem met 'n baie gemiddelde reënseisoen (6mm minder as die langtermyngemiddeld). Die 2022 reënval het nie net laat begin nie, dit was ook baie droog in die hele Swartland.
Tygerhoek, in die Suid-Kaap, het gedurende die 2022-groeiseisoen 269mm reën ontvang. Dit was minder as die gemiddeld van 303mm oor die laaste 15 jaar (Figuur 4). Gedurende die periode Mei tot Augustus was die maandelikse gemiddelde reënval meer as die langtermyngemiddelde. September en Oktober wat as twee belangrike maande beskou word vir die vaslegging van die oesopbrengs, was egter droër as normaal.
Bo-gemiddelde warm maksimumtemperature het voorgekom tydens die groeiseisoen. Die minimumtemperature was baie naby aan die langtermyngemiddelde, behalwe vir Augustus en September wat kouer as normaal was. Lae nagtemperature is baie belangrik vir die herstel van die plant. Op 23 en 24 Augustus het die Suid-Kaap temperature van >28°C ervaar oor die twee dae. Dit het die blomperiode van die canola in die meeste areas verkort. Die koeler as normale nagtemprature was wel bevorderlik vir die herstel van die plant.
Resultate
Die opbrengsresultate vir die Swartland word opgesom in Tabel 1. Die Clearfield (Cl) en Triasien tolerante (TT) – cultivars se data is geskei van die konvensionele cultivars. Die Swartlandproewe is gedurende die afgelope seisoen blootgestel aan baie droë klimaatsomstandighede. Temperature was effens laer as normaal (September) tydens die saadvulperiode. Die droë seisoen het die opbrengs by veral Eendekuil benadeel en die proef se data is nie ingesluit nie. Uiters min Sclerotinia het voorgekom in 2022. Die oesseisoen was laat in die Swartland, as gevolg van die later as normale ontkieming. Die daaglikse hoër as normale humiditeit gedurende September en Oktober het bygedra tot die beste saadopbrengs (kg saad) mm-1 reënval in die geskiedenis, by Langgewens.
Langgewens 1 | Langgewens 2 | Hopefield | Philadelphia | Pools | Swartland | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Plantdatum | 29 Mei * | 22 Jun | 15 Jun * | 15 Jun * | 30 Mei * | |||||||
CC90014 | 2840 | ab | 2234 | abcd | 2352 | a | 2712 | abc | 3245 | a | 2535 | a |
Diamond | 2893 | a | 2275 | abc | 2059 | abc | 2534 | abcde | 2970 | abc | 2440 | ab |
Hyola 90013 | 2676 | abc | 2151 | abcdef | 2200 | a | 2425 | bcdef | 2822 | abc | 2363 | abc |
Quartz | 2517 | abcd | 2401 | ab | 1701 | cde | 2315 | cdefg | 3020 | abc | 2234 | bcd |
CC91117 | 2486 | bcd | 1915 | cdefg | 1517 | ef | 2424 | bcdef | 3032 | abc | 2086 | de |
Gemiddeld | 2682 | 2195 | 1966 | 2482 | 3018 | 2331 | ||||||
43Y92 | 2914 | a | 2416 | a | 2131 | ab | 2841 | a | 3045 | ab | 2535 | a |
44Y94 | 2752 | ab | 2347 | ab | 1744 | bcde | 2741 | ab | 3188 | a | 2436 | ab |
45Y93 | 2739 | ab | 2043 | abcdefg | 1286 | f | 2783 | ab | 2779 | abc | 2213 | cd |
45Y95 | 2612 | abcd | 1675 | g | 1618 | def | 2591 | abcd | 2750 | abc | 2124 | de |
Cl. Gemiddeld | 2754 | 2120 | 1695 | 2739 | 2941 | 2327 | ||||||
HyTTec Trophy | 2890 | ab | 2129 | abcdef | 1986 | abcd | 1945 | ghi | 2820 | abc | 2238 | bcd |
HyTTec Trifecta | 2642 | abcd | 2083 | abcdefg | 1644 | def | 2124 | fghi | 2810 | abc | 2123 | de |
Alpha TT | 2507 | abcd | 2042 | abcdefg | 1727 | bcde | 2168 | efgh | 2340 | c | 2111 | de |
Blazer TT | 2875 | ab | 1750 | fg | 1388 | ef | 2204 | defgh | 2774 | abc | 2054 | def |
Hyola 350 TT | 2291 | cd | 1803 | efg | 1655 | cdef | 2065 | fghi | 2756 | abc | 1953 | ef |
CHYB4372 TT | 2486 | bcd | 1985 | bcdefg | 1566 | ef | 1748 | i | 2799 | abc | 1946 | ef |
AG Bravo TT | 2228 | d | 1788 | efg | 857 | g | 1827 | hi | 2444 | bc | 1675 | g |
Enforcer CT | 2220 | d | 1853 | defg | 1350 | ef | 2060 | fghi | 2843 | abc | 1871 | fg |
TT. Gemiddeld | 2517 | 1929 | 1522 | 2018 | 2698 | 1996 | ||||||
Proef Gemiddeld | 2622 | 2052 | 1693 | 2324 | 2849 | 2173 | ||||||
kbv | 422.3 | 416.5 | 409.6 | 402.8 | 702.9 | 213.2 | ||||||
cv | 11.6 | 12.2 | 14.5 | 10.4 | 14.8 | 12.1 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
* Eerste betekenisvolle reënval na die plantdatum.
Swartland
In die Swartland het die gemiddelde opbrengste per proef gewissel tussen 2849 kg ha-1 (Pools) tot 1693 kg ha-1 by Hopefield. Die proef by Pools het 30 Mei begin ontkiem, twee weke voor die res van die proewe (Langgewens se meeste plante het 15 Junie begin ontkiem). dis herhaling van eerste paragraaf inligting. Die saad van die lyn CC91117 was nie 100% suiwer nie en dit het 'n moontlike negatiewe invloed op die opbrengs gehad. Die Lyn CC90014 (2535 kg ha-1) het gemiddeld die hoogste opbrengs gelewer, gevolg deur die cultivar Diamond (2440 kg ha-1) en Hyola 90013 (2363 kg ha-1). Laasgenoemde twee cultivars se opbrengste het nie betekenisvol van CC90014 verskil nie.
Van die vier Cl-cultivars in 2022 getoets is, het 43Y92 (2535 kg ha-1) die hoogste opbrengs binne die groep gelewer. Die nuwe Cl-cultivar 44Y94 het die tweede hoogste opbrengs (2436 kg ha-1) gelewer gevolg deur die cultivars met 'n langer groeiseisoen (45Y93 en 45Y95). Die tweede plantdatum by Langgewens was 22 Junie, wat as uiters laat beskou word en dit het die opbrengs van die cultivars met langer groeiseisoene nadelig beïnvloed. Die plantdatum moes uitgestel word, aangesien die eerste plantdatumproef eers na 15 Junie volledig begin ontkiem het.
Die nuwe TT-cultivar HyTTec Trophy het die hoogste opbrengs (2238 kg ha-1) binne die groep gelewer, gevolg deur nog 'n nuwe TT-cultivar, HyTTec Trifecta. Hierdie cultivars sal ongelukkig eers in 2024 beskikbaar kan wees vir die plaaslike mark. Blazer TT (2111 kg ha-1) was die beste produseerder onder die kommersieel beskikbare cultivars. Blazer TT (2054 kg ha-1) en Hyola 350TT het gevolg na Alpha TT. Die drie cultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil nie.
Die gemiddelde opbrengs in 2022 van die TT-cultivars was 15% laer as die konvensionele- en Cl-cultivars. In 2021 was die verskil 14.3% en 13% minder, onderskeidelik.
Suid-Kaap
In die Rûens (Tabel 2) was die proefgemiddeldes by Klipdale die beste (2550 kg ha-1), gevolg deur Napier (2322 kg ha-1). Die gemiddelde opbrengs was 2124 kg ha-1, teenoor 3271 kg ha-1 en 3704 kg ha-1 in 2021 en 2020 onderskeidelik.
Tygerhoek 1 | Tygerhoek 2 | Napier | Riversdal | Klipdale | Roodebloem | Suid-Kaap | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
21 April | 9 Mei | 10 Mei | 26 April | 9 Mei | 15 Mei * | ||||||||
CC90014 | |||||||||||||
2613 | a | 2542 | a | 2665 | ab | 2164 | a | 2813 | abcd | 2104 | abcde | 2470 | a |
Diamond | |||||||||||||
2317 | abcd | 2220 | abcd | 2372 | bcd | 2078 | ab | 3320 | a | 2407 | a | 2350 | abc |
Quartz | |||||||||||||
2314 | abcd | 2455 | ab | 2586 | ab | 1861 | abcd | 2444 | bcdef | 2115 | abcd | 2254 | bcd |
Hyola 90013 | |||||||||||||
2234 | bcd | 2204 | abcde | 2439 | abc | 2082 | ab | 2458 | bcdef | 1981 | bcdef | 2206 | cde |
CC91117 | |||||||||||||
2246 | bcd | 2325 | abc | 1876 | cd | 1875 | abcd | 2897 | ab | 1867 | def | 2165 | def |
GEMIDDELD | |||||||||||||
2345 | 2349 | 2388 | 2012 | 2786 | 2095 | 2289 | |||||||
43Y92 | |||||||||||||
2554 | ab | 2423 | ab | 3116 | a | 1779 | abcde | 3256 | a | 2157 | abcd | 2429 | ab |
44Y92 | |||||||||||||
2355 | abcd | 1972 | cdefg | 2660 | ab | 1892 | abc | 2905 | ab | 2066 | abcde | 2227 | cde |
45Y95 | |||||||||||||
2142 | de | 2058 | bcdef | 2193 | bcd | 1864 | abcd | 2397 | bcdef | 2341 | abc | 2114 | defg |
45Y93 | |||||||||||||
2157 | de | 1627 | g | 2247 | bcd | 1352 | e | 2846 | abc | 1896 | def | 1925 | hi |
GEMIDDELD | |||||||||||||
2302 | 2020 | 2554 | 1722 | 2851 | 2115 | 2174 | |||||||
Alpha TT | |||||||||||||
2515 | abc | 2015 | cdefg | 2276 | bcd | 1771 | abcde | 2180 | ef | 2378 | ab | 2196 | cde |
Blazer TT | |||||||||||||
2544 | ab | 1804 | efg | 1852 | cd | 1674 | bcde | 2230 | def | 1873 | def | 2060 | efgh |
HyTTec Trophy | |||||||||||||
2176 | cde | 2089 | bcdef | 2421 | bc | 1734 | abcde | 2461 | bcdef | 1631 | f | 2052 | efgh |
CHYB4372 TT | |||||||||||||
2443 | abcd | 1879 | defg | 2130 | bcd | 1712 | abcde | 2116 | ef | 1170 | g | 1989 | fghi |
AG Bravo TT | |||||||||||||
2285 | abcd | 1755 | fg | 2367 | bcd | 1428 | de | 2569 | bcde | 1808 | def | 1982 | ghi |
Hyola 350 TT | |||||||||||||
2171 | cde | 1797 | fg | 2201 | bcd | 1593 | cde | 2309 | bcdef | 1765 | def | 1948 | ghi |
Enforcer CT | |||||||||||||
2157 | de | 1651 | g | 2380 | bc | 1649 | bcde | 1887 | f | 1695 | ef | 1899 | hi |
HyTTec Trifeta | |||||||||||||
1861 | e | 1924 | defg | 1699 | d | 1562 | cde | 2258 | cdef | 1954 | cdef | 1838 | i |
GEMIDDELD | |||||||||||||
2269 | 1864 | 2166 | 1640 | 2251 | 1784 | 1995 | |||||||
PROEFGEMIDDELD | |||||||||||||
2299 | 2044 | 2322 | 1769 | 2550 | 1953 | 2124 | |||||||
kbv | |||||||||||||
350 | 401 | 601 | 679 | 454 | 414 | 178 | |||||||
cv | |||||||||||||
9.2 | 11.8 | 14.2 | 17.6 | 15.4 | 12.8 | 13.9 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
* Eerste betekenisvolle reënval na die plantdatum.
Die Suid-Kaap het 'n ondergemiddelde reënvalseisoen gehad en die periode tydens saadvul was baie droog. Dit het die opbrengs van al die cultivars negatief beïnvloed. Die CL-cultivar 43Y92 (2429 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die groep gelewer. Die Cl-cultivar 44Y94 het die tweede hoogste opbrengs (2227 kg ha-1) gelewer gevolg deur die cultivars met langer goeiseisoene, nl. 45Y95 en 45Y93. Die CL-cultivar 43Y92 se opbrengs was betekenisvol hoër as die ander drie cultivars binne die groep.
Die konvensionele CC90014-lyn (2470 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die konvensionele groep gelewer. Anders as die vorige twee groeiseisoene, waar Quartz 1ste geplaas was, het Diamond die 2de beste opbrengs gegee (2350 kg ha-1). Daar was geen betekenisvolle verskil tussen CC90014 en Diamond nie. Die cultivars in die 3de en 4de plek, was Quartz en Hyola 90013 onderskeidelik, wat nie betekenisvol van mekaar verskil het nie.
Die TT-cultivar Alpha TT (2196 kg ha-1) gevolg deur Blazer TT (2060 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die TT-groep gelewer. Hulle is gevolg deur die nuwe TT-cultivar HyTTec Trophy. Die drie cultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil nie. Let daarop dat die HyTTec-cultivars moontlik in 2024 kommersiële beskikbaar sal wees.
Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was 12% en 6% laer as die konvensionele- en Cl-cultivars onderskeidelik. In 2021 was die verskil in die Suid-Kaap onderskeidelik 7% en 17.9%. Die opbrengs van die konvensionele cultivars was 6% beter as die Cl-cultivargroep in 2022. Die Cl-groep het meer cultivars met langer groeiseisoene as die konvensionele groep waarvan die saadopbrengs deur die droë saadvulperiode nadelig beïnvloed is in eersgenoemde.
Gevolgtrekking
Canola as gewas het in 2022 sy aanpasbaarheid by plaaslike klimaatsomstandighede bewys. In die Swartland het vogtige omstandighede gedurende die nag in die lente die plante sodanig afgekoel dat 'n redelike opbrengs moontlik was, al het die saad baie laat in die groeiseisoen ontkiem. Hoë opbrengste kan by 'n gemiddelde reënvalseisoen verwag word. Wees asseblief net bedag op die risiko van Sclerotinia-besmetting gedurende 'n vogtiger groeiseisoen – dit bly 'n risiko en kan opbrengs drasties verlaag.
Cultivarkeuse en beskikbare opsies vir 2023
BELANGRIK: In die 2020 en 2021-seisoene het ons gesien watter positiewe invloed klimaat op produksie kan hê. Dit staan in skrille kontras met die 2019-seisoen en 'n mindere mate in 2022 wat droog en baie warm in die lente was. Dit is onmoontlik om voorsiening te maak vir sulke klimaatuiterstes. Nogtans is goed aangepaste cultivars noodsaaklik vir sukses.
Die keuse van 'n cultivar berus altyd op 'n paar punte, naamlik:
Beskikbaarheid van saad
Sien punt 6.
Opbrengspotensiaal
Sien tabel 1 en 2.
Onkruidbestuur
Onkruidweerstand het tot gevolg dat veral TT-tipe cultivars oorweeg word).
Fisiologiese ontwikkelingstempo
Die beginsel van "Horses for courses" geld hier – cultivars wat langer groei moet verkieslik in areas geplant word wat later koel en nat bly.
Swartstamweerstand
Dit is uiters belangrik om cultivars af te wissel tussen seisoene.
Beskikbaarheid van saad
Geen van bogenoemde besluite is moontlik indien daar nie saad beskikbaar is nie. Op Langgewens in 2022 was die gemiddelde opbrengsverlaging 13% as plaassaad (teruggehoude saad) geplant word in plaas van kommersiële saad.
'n Opsomming van cultivareienskappe word in Tabel 1 weergegee, terwyl die periode tot blom per cultivar in Tabel 2 geïllustreer word. Inligting rakende Swartstamweerstandsgene is afkomstig van Australië. Die weerstandsindeks is ook van Australië en kan slegs as 'n riglyn dien, aangesien plaaslike omstandighede verskil van die in Australië.
In Tabel 3 en 4 word die cultivars oor seisoene met mekaar vergelyk. Alle opbrengste is uitgedruk as persentasie van die proefgemiddeld. In die Swartland het die konvensionele cultivar, Diamond, in 2020, 2021 en 2022 die beste gevaar binne die konvensionele groep (Tabel 3). Diamond en Quartz het oor die afgelope twee seisoene onderskeidelik 15% (Diamond) en 4% (Quartz) beter gevaar as die proefgemiddeld. Hyola 90013 is die eerste keer in 2021 getoets en was 2de binne die konvensionele groep vir 2021 en 2022 seisoen.
Cultivar | Tipe | Jaar 1ste toets |
Groeiperiode: dae tot blom Tygerh. Langg. |
Dae tot einde van blom Langgewens |
Op- brengs (% van proef) Swart- land 2021- 2022 |
Op- brengs (% van proef) Rûens 2021- 2022 |
Austra- liese Swart- stam indeks |
Swart- stam indeks: Jockeyj Saltros Ilivoi |
Swartstam weer- stands- groep |
|
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond | Konv. | Agricol | 2015 | Vroeg | V | 115 | 102 | mw2022 | w2021(si) | ABF |
Quartz | Konv. | Agricol | 2018 | Medium | M | 106 | 100 | w2022 | w2019(j) | ABD |
Hyola 90013 | Konv | Limagrain | 2021 | Med. vroeg | V-M | 106 | 100 | w | w | ADF |
CC91117 | Konv | Limagrain | 2022 | Vroeg | V | 962022 | 1022022 | w | w | ABD |
CC90014 | Konv | Barenbr. | 2022 | Med. vroeg | V-M | 1172022 | 1162022 | ? | ? | |
43Y92 | CL | Pioneer | 2017 | Medium | M | 113 | 114 | w-mw2022 | w2022(jsi) | B |
45Y93 | CL | Pioneer | 2019 | Laat | L | 101 | 98 | w-mw2022 | w2022(jsi) | BC |
44Y94 | CL | Pioneer | 2021 | Med. laat | M | 109 | 106 | w-mw2020 | w2020(ji) | BC |
45Y95 | CL | Pioneer | 2022 | Laat | L | 95 | 107 | w2022 | w2022(s) | C |
Alpha TT | TT | Agricol | 2017 | Med. vroeg | V-M | 99 | 101 | mv–mw2018 | w2018(j) | BF |
Hyola 350 TT | TT | Limagrain | 2018 | Vroeg | V | 94 | 87 | w2020 | w2020(jsi) | ABDF |
Blazer TT | TT | Limagrain | 2021 | Medium | M | 98 | 100 | w2022 | w2022(s) | ADF |
HiTTec Trophy | TT | Agricol | 2022 | Medium | M | 1032022 | 972022 | w2022 | w2022(si) | AD |
HiTTec Trifecta | TT | Agricol | 2022 | Med. Laat | L | 982022 | 872022 | w2022 | w2022(s) | ABD |
CHYB4372TT | TT | Agricol | 2022 | Medium | M | 902022 | 942022 | w2022 | ABDF | |
AGBravo TT | TT | Agricol | 2022 | Medium | M | 772022 | 932022 | w2022 | ? | |
Enforcer CT | CT | Barenb. | 2022 | Medium | Mv | 862022 | 892022 | w2022 | w2022(s) | ABDF |
Kov: Konvensioneel | CL: Clearfield-tipe | TT: Triasien-tipe | CT: kombinasietipe cultivar wat oor beide die Cl- en TT toleransie beskik
V: vroeg | V-M: vroeg tot medium | M: medium | L: laat
w = weerstand | mw = matige weerstand
Alle swartstam weerstand en eienskappe soos aangedui is afkomstig uit Australië.
Tabel 2: Cultivar ingedeel volgens spoed van ontwikkeling (indeling is gedoen volgens 2022 data op Langgewens en Tygerhoek)
2019 | 2020 | 2021 | 2022 | Plasing 2022 | 2021-2022 | Plasing 2021-2022 | |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Quartz | 124 | 113 | 106 | 103 | 4 | 104 | 3 |
Diamond | 124 | 114 | 118 | 112 | 2 | 115 | 1 |
Hyola 90013 | 101 | 109 | 3 | 105 | 2 | ||
Hyola 90014 | 117 | 1 | |||||
CC91117 | 96 | 5 | 1 | ||||
Konv. Gem. | 113 | 103 | 112 | 107 | 108 | ||
43Y92 | 111 | 115 | 110 | 117 | 1 | 113 | 1 |
45Y93 | 106 | 100 | 102 | 3 | 101 | 3 | |
44Y94 | 105 | 112 | 2 | 109 | 2 | ||
45Y95 | 93 | 98 | 4 | 95 | 4 | ||
Cl Gem. | 99 | 112 | 104 | 107 | 105 | ||
Alpha TT | 102 | 97 | 101 | 97 | 3 | 99 | 1 |
Hyola 350 TT | 98 | 88 | 98 | 90 | 5 | 94 | 3 |
Blazer TT | 102 | 95 | 4 | 98 | 2 | ||
HyTTec Trifecta | 98 | 2 | |||||
HyTTec Trophy | 103 | 1 | |||||
AGBravo TT | 77 | 8 | |||||
CHYB4372TT | 90 | 6 | |||||
Enforcer CT | 86 | 7 | |||||
TT Gem. | 90 | 90 | 91 | 92 | 97 |
Vier Cl-cultivars was in 2021 tot 2022 in die cultivarproewe getoets. Die cultivar 43Y92 het die hoogste opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer teen (13% hoër as die proefgemiddeld). Die cultivar 44Y94 het die 2de hoogste opbrengs gelewer (9% meer as die proefgemiddeld). Die TT-cultivar Alpha TT was die beste TT-cultivar oor die afgelope twee seisoene in die Swartland (1% laer as die proefgemiddeld). Die cultivar Blazer TT was 2de gevolg deur Hyola 350 TT.
In die Suid-Kaap was dit Quartz binne die konvensionele groep van cultivars wat die afgelope 2 jaar die beste opbrengs gehandhaaf het (6% meer as die proefgemiddeld). Diamond se opbrengs was in 2021 deur Sclerotinia infeksie benadeel, maar het in 2022 beter gevaar as Quartz. Die nuwe cultivar Hyola 90013 was gemiddeld die 3de beste produseerder in die konvensionele groep vir die 2021 en 2022 seisoene.
Die cultivar 43Y92 het die hoogste opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer (14% hoër as die proefgemiddelde). Die cultivars 45Y95 en 44Y94 was onderskeidelik 7% en 5% beter as die proefgemiddeld. Die TT-cultivar Alpha TT was die beste TT-cultivar oor die afgelope twee seisoene in die Suid-Kaap (1% hoër as die proefgemiddelde – is dit noemenswaardig?). Die cultivar Blazer TT was 2de met opbrengs gelyk aan die proefgemiddelde, gevolg deur Hyola 350 TT.
2019 | 2020 | 2021 | 2022 | Plasing 2022 | 2021-2022 | Plasing 2021-2022 | |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Quartz | 129 | 110 | 105 | 106 | 3 | 106 | 1 |
Diamond | 122 | 103 | 93 | 111 | 2 | 102 | 2 |
Hyola 90013 | 97 | 104 | 4 | 100 | 3 | ||
Hyola 90014 | 116 | 1 | |||||
CC91117 | 102 | 5 | |||||
Konv. Gem. | 111 | 99 | 99 | 108 | 103 | ||
43Y92 | 117 | 108 | 113 | 114 | 1 | 114 | 1 |
45Y93 | 123 | 106 | 91 | 4 | 98 | 4 | |
44Y94 | 107 | 105 | 2 | 106 | 3 | ||
45Y95 | 115 | 100 | 3 | 107 | 2 | ||
Cl Gem. | 108 | 114 | 109 | 102 | 106 | ||
Alpha TT | 104 | 99 | 98 | 103 | 1 | 101 | 1 |
Hyola 350 TT | 96 | 88 | 82 | 92 | 6 | 87 | 3 |
Blazer TT | 104 | 97 | 4 | 100 | 2 | ||
HyTTec Trifecta | 87 | 8 | |||||
HyTTec Trophy | 97 | 2 | |||||
AGBravo TT | 93 | 5 | |||||
CHYB4372TT | 94 | 3 | |||||
Enforcer CT | 89 | 7 | |||||
TT Gem. | 92 | 91 | 92 | 94 | 96 |
Gevolgtrekking
Daar is normaalweg verskeie opsies binne die drie groepe beskikbaar. Die groeiseisoenlengte is baie belangrik in die Wes-Kaap met ons kort groeiseisoene. Tweedens is die stabiliteit van opbrengs oor groeiseisoene en areas baie belangrik in die maak van 'n cultivarkeuse.
Enquiries
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation