VISIT THE SOUTH AFRICAN RESOURCE PORTAL FOR IMPORTANT COVID-19 CORONA VIRUS INFO

OPDT   OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST
OAC   OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE

OPDT
OIL & PROTEIN SEEDS DEVELOPMENT TRUST

OAC
OILSEEDS ADVISORY COMMITTEE


Canolafokus 94   Mei 2020

Deel 2: Die bestuur van swartstam op die plaas

P Lombard, J Strauss en L Smorenburg

Swartstam is 'n baie gevaarlike siekte wat beheer moet word met cultivarweerstand, chemiese- en bestuurs­praktyke. Elkeen van die bogenoemde vorm 'n integrale deel in die hele proses van swartstambeheer. Dit word in die volgende stappe saamgevat en beskryf.

Stap 1: Wat is die risiko op my plaas?

Faktore in u omgewing, soos aantal hektare en reënval, bepaal die swartstamrisiko.

Swartstamdruk risiko
Hoë risiko Medium risiko Lae risiko
Oppervlak onder verbouing (%) >20 20-16 15 11-14 11-14 10 6-9 5 <5
Jaarlikse reënval (mm) >600 551-600 501-550 451-500 401-450 351-400 301-350 251-300 <250
Reënval Maart-mei >100 >100 >100 >100 91-100 81-90 71-80 61-70 <60
Kombinasie van bogenoemde faktore verhoog swartstamdruk

Stap 2: Bepaal die erns van die siekte in die lente

Stamme moet op grondvlak afgeknip word om die persentasie infeksie te bepaal. Dit moet gedoen word vanaf blomstadium tot platsnystadium. Versamel genoeg plante deur die land (meer as 60). Bepaal die persentasie infeksie per plant, opbrengsverlies kan verwag word as meer as 50% van die stam geïnfekteer is. Indien die gemiddelde punt meer as 50% is, is u in 'n hoë risiko area en moet u stappe 3 en 4 as riglyn vir bestuur gebruik. Let ook daarop dat die infeksie van jaar tot jaar kan verskil. Vanjaar kan jy laer risiko hê, volgende jaar skielik hoë risiko. Klimaatverskille tussen jare, verskil in cultivars, en veranderinge in patogeenpopulasie kan alles hiertoe bydra. Swamdoder wat betyds en effektief toegedien is, kan tot gevolg hê dat lae siektevlakke voorkom. Die verkeerde gevolgtrekking gaan dan wees dat jy 'n lae-risiko het, en volgende jaar nie hoef te spuit, of ander cultivars te oorweeg nie.

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
Bepaal die erns van swartstam in die lente Deursnee van canolastam toon 'n 100% risiko van swartstam
100%
Deursnee van canolastam toon 'n hoe risiko swartstam van 80%
80%
Deursnee van canolastam toon 'n matige risiko swartstam van 60%
60%
Deursnee van canolastam toon 'n matige risiko swartstam van 40%
40%
Deursnee van canolastam toon 'n lae risiko swartstam van 20%
20%
Deursnee van canolastam toon feitlik geen swartstam risiko
0%

Indien stappe 1 en 2 op matig tot hoë risiko gedui het, moet die volgende stappe gevolg word. Dit is belangrik dat die bogenoemde toets jaarliks herhaal word. Hou ook in gedagte dat nêrens van geen risiko gepraat word nie. Goeie en verantwoordelike bestuurspraktyke moet altyd toegepas word.


WAARSKUWING: 'n Canola-na-canola gewasrotasie sal tot opbrengsverliese lei. Laasgenoemde stelsel sal ook die weerstand vinnig laat afbreek en swamdoders se effek sal verlore gaan.


A. Swartstam-indeks

Elke cultivar afkomstig van Australië het 'n swartstamindeks wat dui op die betrokke cultivar se weerstand teen swartstam. Let wel dat dit die weerstandindeks in Australië is, en nie plaaslik nie. Dit is goed om 'n cultivar met goeie swartstam weerstand te kies, maar onthou dat die weerstandindeks moontlik plaaslik gaan verskil.

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
BV BV-V V MV-V MV MW-MV MW MW-W W

BV = baie vatbaar, V = vatbaar, MV = matig vatbaar, MW = matige weerstand, W = weerstand

B. Afstand vanaf vorige jaar se stoppel

Askospore afkomstig vanaf die vorige jaar se canola stoppels is die grootste bron van infeksie in die nuwe seisoen. Gevolglik, hoe groter die afstand tussen die nuwe aanplantings en die vorige jaar se aanplantings, hoe laer is die swartstamrisiko.

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
0m 100m 200m 300m 400m 500m >500m

C. Gebruik van swamdoder

Die gebruik van swamdoder is ekonomies waar die swartstam druk hoog is. Gebruik 'n swamdoder slegs as deel van 'n praktyk om swartstam te bestuur en nie as enigste beheer nie.

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
Geen behandeling Blaarbespuiting Saadbehandeling + blaarbespuiting

D. Aantal seisoene van dieselfde cultivar

Deur dieselfde cultivar jaar-na-jaar te plant het tot gevolg dat swartstam die weerstand van die cultivar sal oorkom. Cultivars en weerstandgene moet afgewissel word.

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
> 3 jaar dieselfde cultivar of groep weerstand-gene 3 jaar dieselfde cultivar of groep weerstand-gene 2 jaar dieselfde cultivar of groep weerstand-gene Dieselfde cultivar of groep weerstand-gene as vorige seisoen Plant cultivar van ander weerstandsgroep

E. Afstand van stoppel wat 2 jaar oud is

Ouer stoppels stel minder spore vry. Hoe meer stoppels afgebreek het, hoe laer is die risiko. Droë somerseisoene, soos ons plaaslik ervaar, is nie voordelig vir die afbreek van die stoppel nie en gevolglik is die Swartland se risiko oor meer jare versprei (indien slegs die afbreek van stoppels in berekening gebring word).

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
0m 250m 500m >500m

F. Canola stoppelbewaring

Stoppel wat vernietig is, verlaag die risiko van swartstam. Brand en van stoppels is natuurlik nie versoenbaar met bewaringslandbou nie.

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
Tussen-ry plant Skuifplanter Tandplanter Brand/begrawe van stoppel

G. Datum van aanplanting

Canola is die sensitiefste gedurende die saailingstadium van die plant. Deur vroeër te saai kan die saailing in die warmer klimaat ontwikkel en so die risiko vir die infeksie van die kroon verlaag. Die gevaar van die praktyk is dat swartstam blaredakinfeksie se risiko verhoog indien die plante vroeër in die seisoen blom (sien swartstam weerstand en bestuur in die toekoms).

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
Junie 15-31 Mei 1-14 Mei 15-30 April

Die beweiding van canola verhoog die risiko van swartstaminfeksie. Plant verkieslik 'n cultivar met goeie weerstand of pas swambeheer toe na beweiding. Hierdie praktyk kan ook jou risiko vir blaredak-infeksie verhoog.

HOË RISIKO MATIGE RISIKO LAE RISIKO
Bewei van canola

Stap 4: Swartstam weerstandsgroepe

Elke cultivar het sy eie kwalitatiewe weerstandsgene. Dit word opgesom in Tabel 1. Die kwantitatiewe weerstandsgene (QTL) word nie getoets nie, maar die weerstand van elke cultivar is die kombinasie van kwalitatiewe en kwantitatiewe gene. Let daarop dat van die data reeds verouderd is en dat die cultivars se weerstand moontlik al verminder het. Dit is belangrik om te besef die weerstand is vir Australië en dat die swartstam-indeks kan verskil in Suid-Afrika.

Cultivar Tipe Swartstam­indeks Swartstam­indeks + Jockey Groepering van kwalitatiewe weerstandgene
CB Agamax Konv. mv2014 mw2014 AB
Hyola 50 Konv. w2016 w2016 AD
CB Tango Konv. mv2014 mw2014 B
Belinda Konv.
Diamond Konv. mw2019 w2019 ABF
Quartz Konv. w2018 w2019 ABD
45Y93 CL w-mw2019 BC
44Y90 CL w-mw2019 B
45Y91 CL mw2019 B
43Y92 CL w-mw2019 B
CB Atomic HT TT mv2015 mw2015 AB
Hyola 555 TT TT mw2014 w2014 D
Hyola 559 TT TT w-mw2019 w2019 ABD
Hyola 650 TT TT w2019 ABD
Alpha TT TT mv-mw2018 w2018 BF
Hyola 350 TT TT w2019 ABDF
Hyola 580 CT CL & TT w2019 w2019 BC

w = weerstand, mw = matige weerstand, mv = matig vatbaar, v = vatbaar

Die data verkry vanuit Australië in "Blackleg Management Guide Fact Sheet – Western and Southern Regions" (2014-2019).

Data en bespreking

In Figuur 1 word die waardes vir 2019 in die Swartland aangedui. Die gemiddelde persentasie infeksie tussen proewe het gewissel van 7.8% (Grasrug waar wel vir Swartstam gespuit is) tot 33.5% by Langgewens (1ste saaidatum). Die waardes vir 'n "spesifieke cultivar" het gewissel tussen 7.6% en 56%. Daar is op Langgewens gevind dat die teenwoordigheid van aalwurms, 'n groot invloed op die voorkoms van swartstam. Dit is nog onduidelik hoe die verwantskap werk. Wat belangrik is, is dat sommige cultivars se weerstand wesenlik verskil van wat in Australië gevind is.

Figuur 1: Persentasie infeksie in die stam gedurende 2019 vir al die proewe in die Swartland
Persentasie infeksie in die stam gedurende 2019 vir al die proewe in die Swartland

Die swartstam-indeks kom van Australië af (wat ons plaaslik gebruik), waar dit teen hulle patogeen-populasie getoets word. Daar is groot variasie in rasse wêreldwyd, ons kan heel waarskynlik rasse plaaslik hê wat nie in Australië voorkom nie. Daarom is dit moontlik dat 'n cultivar wat 'n goeie weerstandsindeks het in Australië, plaaslik swak kan vaar.

In Figuur 2 word die verskil getoon (ten opsigte van swartstam) tussen cultivars wat 2019 in Swartland getoets is en hoe hulle in Australië met mekaar vergelyk. Let daarop dat die waardes nie op dieselfde skaal bereken is nie, dit dui net op hoe cultivar verskillend reageer plaaslik. Die Swartland waardes is bereken as persentasie kroonverkleuring. Nogtans kan ons sien watter cultivars goeie weerstand plaaslik toon en hoe hulle in Australië gepresteer het.

Die reaksie van verskeie cultivars verskil van wat in Australië die geval is. Hyola 559TT en Quartz se weerstand het in 2019, plaaslik swakker vertoon as vergelyk word met ander cultivars en die Australiese-indeks. Daar is ook verskeie cultivars wat beter vaar op die skaal as in Australië, hulle is 45Y93, 45Y91, Hyola 55, Tango en Atomic TT. Belangrik is om ook waar te neem hoe cultivars se weerstand plaaslik vertoon.

Figuur 2: Die vergelyking tussen cultivars se krooninfeksie in die Swartland en die weerstandsindeks soos verkry vanuit Australië
(Let daarop dat die waardes nie op dieselfde skaal bereken is nie, dit dui net op hoe cultivar verskillend reageer plaaslik)
Die vergelyking tussen cultivars se krooninfeksie in die Swartland en die weerstandsindeks soos verkry vanuit Australie

In Figuur 3 word die effek van 'n swambespuiting tydens die 4-blaarstadium in 'n omgewing (Riversdal) met hoë druk aangedui. Twee cultivars is oor 2 jaar getoets. Bespuiting het plaasgevind tydens 4- tot 6-blaarstadium wat aanbeveel word vir die beheer van swartstam. Dit is baie belangrik om saailinge te beskerm teen swartstaminfeksie. Waar bogenoemde stappe nie voldoende was nie en letsels wel op die blare van saailinge voorkom, kan dit ekonomies voordelig wees om 'n swambespuiting te doen. Die swambespuiting op Riversdal het tot gevolg gehad dat die opbrengs met 7 tot 11% hoër was as die kontrole waar nie swambeheer toegepas was nie. Party middels het ook natuurlik 'n groei-stimulerende effek, so die verhoging in opbrengs is nie noodwendig as gevolg van verlaging in swartstam nie, of is net deels as gevolg daarvan.

Figuur 3: Swambeheer op Riversdal (2015 en 2016) tydens die 4-blaarstadium
Swambeheer op Riversdal (2015 en 2016) tydens die 4-blaarstadium

Gevolgtrekking

Swartstam is 'n baie gevaarlike siekte met die potensiaal om groot opbrengsverliese tot gevolg te hê. Dit moet bestuur word met elke moontlike hulpmiddel. Chemiese beheer is nie die belangrikste hulpmiddel nie, maar is effektief.

Bronne

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Private Bag, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors

PJA Lombard   J Bruwer   Izane Leygonie   Chris Cumming

Sponsored by the Protein Research Foundation


Subscribe to this newsletter